Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: De Klerk-kwessie belig voortgesette vervreemding
Oudpres. FW de Klerk

Die voortdurende opstel van oud.pres. FW de Klerk as ’n teiken, wat die gruweldade van apartheid verteenwoordig, belig ’n voortgesette vervreemding in Suid-Afrika tussen verskillende mense en spesifiek ook tussen wit en swart.

Maar dit is nie net hy wat in die spervuur bly nie. Ook die skikking voor 1994 tussen hom en oudpres. Nelson Mandela word verdag gemaak. Die kwessies het ook nou uiters kompleks verweef geraak, met bewegings soos #BlacksLivesMatter en hedendaagse frustrasies van diegene wat meen swart mense wêreldwyd en in Suid-Afrika word steeds deur die samelewingstruktuur onderdruk.

Uiteraard is daar in die proses heelwat opportunisme ook. Onthou die huur van ’n kommunikasie-agentskap deur staatskapers om “witmonopoliekapitaal” as weerligafleier vir selfverryking te gebruik. Ook die vraag: wat dan van swart lewens as swart soldate deur Alexandra beweeg? Maar, om die voorbeelde as enigste insigte te opper, mis die punt. Wat van Lukhanyo Catala, seun van Fort Catala, wat as een van die Cradock-4 vermoor is? Hy ervaar die pyn van ontwykende afsluiting.

Suid-Afrikaners gaan meer moet leer om na mekaar te luister.

Te midde van intense verskille blyk die volgende: Suid-Afrikaners gaan meer moet leer om na mekaar te luister. Ongeag of die vertrekpunt van die ander altyd verstaan word. Daar moet gepoog word om begrip vir ander se pyn te toon. En hoe moeilik ook al, ’n soort weg saam daaruit te bou. Om in ’n opbouende interaksie oor mekaar se verstaan van die verlede te voer, is belangrik. Maar ons kan nie die meeste van ons energie daarin stort om ’n beter verlede te bou nie.

Die land se mense, en veral die armes, kort ’n beter hede en toekoms. Daarom moet ook uit alle oorde kapsie gemaak word teen selfverrykers wat dit ondermyn. De Klerk en Mandela se bydrae was monumentaal. Om dit ongedaan te maak weens gebreke wat met insigte agterna bekom word, kan ’n wantroue skep dat geen ooreenkoms, ook met nou se beperkte insigte, ooit die moeite werd sal wees nie. Die doelpale word dus die heeltyd verskuif, en net sommige het die morele reg om daaroor te besluit.

Suid-Afrikaners gaan hul wedersydse toondoofheid (wat ook uit die FW de Klerk-stigting se gange blyk) moet ontgroei en dapper genoeg wees om eerlik en reguit, maar sensitief en opbouend te wees.

Meer oor:  Fw De Klerk  |  Rassisme  |  Apartheid  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.