Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Fees klop toe die doemprofete

Ná ’n ongekende wedloop teen tyd om die “nuwe” Aardklop op die been te kry, het die fees baie goed afgeloop. Volgens voorlopige syfers vir kaartjieverkope is dié van die vorige jaar deeglik oortref, asook die interne mikpunte wat gestel is.

Gou is besef dit is makliker gesê as gedaan om ’n fees in vier maande op die been te bring, en dit het heelwat uitdagings gebring. Maar almal het deurgedruk en dit was beslis die moeite werd.

Groot lof is nodig vir die programsamestelling. Alexa Strachen, feesbestuurder, en haar span het gesorg vir ’n prikkelende program. Nie net was daar ’n opwindende kunssinnige streep deur nie, maar ook goeie balans tussen diepte-kuns en meer kommersiële aanbiedings. Die buitengewone sorg wat in detail gegaan het, word bewys deurdat die Kunssafari vir Kinders vanjaar weggeloop het met die Aardvarkprys vir grensverskuiwende werk.

Uiteindelik was dit die sukses van die program wat die publiek betrokke gekry het. Hoewel daar omtrent in elke dorp ’n tradisionele kuierfees met kosstalleltjies en ’n musiekverhoog of twee is, is Aardklop deel van ’n reeks sleutelfeeste wat die KKNK in Oudtshoorn, die Woordfees in Stellenbosch en Innibos in Nelspruit insluit. Hier word belê in nuwe toneelstukke en musiekopvoerings van gehalte.

Dit is belangrike vormingsgronde vir die verdere ontwikkeling van Afrikaans as taal, maar ook kritiese denke onder Afrikaanssprekendes deur hul blootstelling aan verskillende kunsvorms en diskoerse. Selfs die ATKV-tienertoneel het insiggewende kommentare op die samelewing gemaak.

Die terugskuif van die feesterrein na die Bult was ook ’n sukses. Dat Aardklop 2016 sy impak gemaak het, is daar geen twyfel oor nie. En dat só ’n fees belangrik is vir enige samelewing, is opnuut bewys.

Finansiering bly egter die groot uitdaging. Die publiek se ondersteuning in moeilike tye het gehelp, maar sterker toekomstige steun uit die sake- en owerheidsektor gaan nodig wees vir ’n standhoudende Aardklop.

Meer oor:  Aardklop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.