Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Kiesers sien nog geen alternatief vir korrupte ANC
ANC-ondersteuners waai hul party se vlag. Foto: Reuters

Munisipale tussenverkiesings in Suid-Afrika is nie noodwendig ’n akkurate aanwyser van politieke tendense nie. Stempersentasies is gewoonlik laag, bepaalde plaaslike kwessies kan kiesers beïnvloed en in wyksverkiesings kan dinamika rakende kandidate ook ’n rol speel.

Tot die mate wat afleidings wel gemaak kan word van die 95 tussenverkiesings wat vroeër vandeesmaand oor die land heen gehou is, is die vernaamste dat die kiesers nog geen alternatief vir die korrupte ANC sien nie.

Die ANC gaan heel tevrede voel nadat die party 64 wyke behou, ses bykomend gewen en slegs twee verloor het. Dit in omstandighede waarin kiesers op munisipale vlak swaarkry weens dienslewering wat grootliks tot stilstand gekom het. Dit beteken hulle sien geen alternatief vir die ANC nie en glo moontlik pres. Cyril Ramaphosa is besig om ’n verskil te maak. Of daar word vasgeklou aan die ANC as bevryder, ongeag die resultate. Dit is ook so dat die voordele van korrupsie op sommige plekke afgewentel word tot op voetsoolvlak, maar dit sal nie noodwendige stembus-impak bring nie.

Die groot verloorder blyk die DA te wees wat die meeste wyke verloor en steun aan die ANC, die VF Plus en grootliks kleiner bruin partye afgestaan het.

Die groot verloorder blyk die DA te wees wat die meeste wyke verloor en steun aan die ANC, die VF Plus en grootliks kleiner bruin partye afgestaan het. Allermins die vertoning wat die tweede grootste party in ’n land wil lewer indien hy ’n faktor in ’n politieke herskikking wil wees. En slegte nuus vir Suid-Afrikaners wat hoop op politieke uitkoms van die ANC se vernietigende invloed op die nasionale huishouding. Duidelik sien swart kiesers ook nog nie die EFF as ’n beduidende alternatief nie en is eerder bereid om die ANC nog ’n kans te gee.

Die VF Plus sal ook tevrede voel omdat die party sy opwaartse kurwe sedert die nasionale verkiesing voortsit. Maar in wese is dit grootliks wit kiesers wat tussen dié party en die DA rondgeskuif word. Dit is moontlik goed vir mense wat deur ’n duidelike politieke boodskap gedefinieer wil word, maar dis geen groot impak om ANC-mag te breek nie.

Dit wil voorkom asof die land se politieke heil nou van twee faktore afhang: ’n ongekende regruk en herlewing van sentristiese opposisiepolitiek of ’n oortuigende Ramaphosa-stempel op die ANC met beduidende gevolge. Albei opsies se vooruitsigte lyk nog baie vaag.

Meer oor:  Da  |  Kiesers  |  Anc  |  Verkiesings  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.