Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Kommunikasie van ministers al beter, maar ...
Minister of Higher Education, Science and Innovati
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie.

Die kommunikasiestyl van ministers oor die nasionale staat van inperking het die afgelope week en ’n half al merkbaar verbeter.

Grootliks is die kop-onderstebo-gemompel van sommige, die uitdagende arrogansie van ander en ad hoc- rond-en-bont-pratery van die meeste duidelik getemper. Indien dit die gevolg is van ’n sweep wat iewers geklap het, het dit die gewenste uitwerking gehad.

Daar is uitvoerende hoofde van maatskappye wat voortdurend intensiewe afrigting ontvang oor hul kommunikasie of minstens voor ’n belangrike voordrag. Dit behoort verpligtend te wees vir ministers wat in die digitale era meermale so met die bevolking sal moet praat. Of sodanige kommunikasie moet beperk word tot diegene wat ’n sigbare aanvoeling daarvoor het.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, het veral ’n goeie voorbeeld gestel met sy bekendmaking van die infasering van studente op universiteitskampusse. Sy voordrag was nie net vlot nie, maar hy het volledige inligting oor ’n komplekse kwessie verskaf en nie net bloot na ’n volgende staatskoerant verwys nie.

Angie Motshekga, sy kollega vir basiese onderwys, het ook ’n goeie toespraak gehou, maar met min werklike inligting.

Angie Motshekga, sy kollega vir basiese onderwys, het ook ’n goeie toespraak gehou, maar met min werklike inligting. Waarom dit hou as sy nie eens die skoolkalender kan aankondig nie?

Die publiek ervaar nog heelwat van wat ministers sê as verwarrend. Dit is grootliks omdat daar steeds heeltemal te veel regulasies is waarmee probeer word om elke lewensaktiwiteit aan makro-bestuur te onderwerp. En wanneer dit onprakties, sinloos en strydig met ander regulasies is, veroorsaak dit verwarring en verkeerde vertolkings.

Klaarblyklik is daar al bykans 1 000 bladsye se regulasies uitgereik. Die burokratiese nagmerrie moet tot ’n einde kom en die getal bladsye kan gerus met 70% tot 80% verminder word.

Ironies is dit juis pres. Cyril Ramaphosa se goeie kommunikasie wat daartoe bygedra het dat hy aan die begin van die pandemie geloofwaardigheid en belangrike steun vir inperking gevestig het.

Hy het net sy eie uitvoerende span te blameer vir die mate waarin dit sedertdien ondermyn is.

Hopelik ruk die ministers hulle nog vinniger en verder reg.

Meer oor:  Blade Nzimande  |  Regering  |  Ministers  |  Hoofartikel  |  Kommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.