Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Lesufi se bekookte stelsel ontplof in sy gesig
Panyaza Lesufi

Panzaya Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, en sy departement het die provinsie se skole, ouers en veral leerlinge liederlik gefaal. Sy ideologies bekookte inskrywingstelsel vir skole is besig om te misluk.

Die probleem is, hier is gepoog om een wandaad van mislukte regering - deur nie genoeg skole te bou nie (sommige jare deur nie eens die beskikbare begroting te spandeer nie) - met ’n ander wandaad te verdoesel. Lesufi wat deur eiewaan gedryf word en sy vrotsige departement is telkemale gewaarsku dat die aanlynregistrasiestelsel nie gaan werk nie.

Daardeur veroorsaak hulle dat die vooruitsig van duisende leerlinge, voornemende leerlinge en hul families van uitsien met opgewondenheid na stresvolle angs verander. Veral waar kinders van dieselfde gesin in verskillende skole geplaas is.

Een van die eerste wrange lesse wat leerlinge wel hieruit kan leer, is dat dit die gevolg is as sleutelposte in ’n onderwysdepartement deur politieke lakeie pleks van aanstellings op meriete gevul word. Hulle kan nie eens hul eie inisiatief behoorlik toepas nie. Dit sou lagwekkend gewees het, as die gevolge nie so katastrofies en ernstig was nie.

Al verweer wat Lesufi het, is om drie keer om verskoning te vra en plegtig te verklaar hy het onderwysamptenare “oor die vingers getik”.

Om ouers deur ’n SMS-boodskap wat glo “te vroeg uitgestuur is” verniet op ’n Sondag uit te stuur na dienssentrums en hulle met dooiemansdeur te begroet is ’n skande. Dit nogal oor die naweek van die land se W^ereldbeker-rugbygeesdrif. Wat ’n emmer koue water vir die mense.

Al verweer wat Lesufi het, is om drie keer om verskoning te vra en plegtig te verklaar hy het onderwysamptenare “oor die vingers getik”. Waar is die formele ondersoek en dissipline^re ingryping?

Lesufi se misleidende verklaring dat tot 85% van leerlinge reeds geplaas is, skep die indruk dat die plasing grootliks in orde is. Die manier hoe dit gedoen is skep groter probleme as die 34 000 wat nog nie plek het nie.

Daar was teen Maandag sprake van ’n hofinterdik om die gekkespul te stuit. Hopelik gaan dit suksesvol voort. Intussen is dit onaanvaarbaar dat David Makhura, Gautengse premier en die Cyril Ramaphosa-regering hande gevou sit midde die krisis.

Die nasionale regering sal dringend moet aandui wie hulle meen hier “gestuur moet word”.

Meer oor:  Panzaya Lesufi  |  Onderwys  |  Skole  |  Plasingstelsel  |  Skoolstelsel  |  Hoofartikel  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.