Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Limpopo-bome deel van SA se kosbare erfenis

Bykans 110 000 bome, waarvan sommige meer as 1 000 jaar oud is en op Suid-Afrika se beskermingslys is, is in die gedrang weens die regering, Chinese beleggers en die Australiese mynhuis MC Mining se ontwikkelingsplanne in Limpopo. Dit laat rooi ligte flikker oor die bewaring van Suid-Afrika se kosbare omgewingserfenis, waarvan die bome en ander spesies ook deel is.

Die regering is onder druk om ’n volhoubare ekonomie met werkgeleenthede in die arm provinsie te skep. Boonop trek sy planne vir omvattende nywerheidsontwikkeling daar nodige buitelandse beleggings. Maar daar is nie genoeg deursigtigheid met wat alles beplan word nie.

Verder is daar aanduidings dat van die ontwikkelingsplanne, waaroor reeds uitvoerig in Beeld berig is, strydig is met die Parys-klimaatsooreenkoms van 2015.

Verder is daar aanduidings dat van die ontwikkelingsplanne, waaroor reeds uitvoerig in Beeld berig is, strydig is met die Parys-klimaatsooreenkoms van 2015. Want dit sluit die oprigting van ’n nuwe steenkoolkragstasie in.Voorts is alle aanduidings dat daar eenvoudig nie genoeg water vir die bedryf van ’n steenkoolmyn is nie.

Die plan is dat die grootste deel van die provinsie se skaars onderwaterbronne – ook die Tshipise- warmwaterbronne – daarna gekanaliseer sal word. In ’n provinsie met wisselvallige reënval sal dit rampspoedig wees.

Die yl verspreide inheemse bevolking is nie bewus van wat daar gebeur nie. Gelukkig het omgewingsbewustes sake vertraag deurdat die omgewingsimpakstudie van 900 bladsye vir eers teruggestuur is en dit moet nou in Venda en Tswana ook vertaal word.

Groter openheid gaan van die owerhede vereis moet word en die regering moet afsien van sy obsessie met steenkoolkrag, terwyl hy juis die instelling van haalbare groenkrag-alternatiewe vertraag.

Die nageslag gaan eendag vra wat hul voorouers oor die kwessie gedoen het.

Meer oor:  Limpopo  |  Hoofartikel  |  Erfenis  |  Mynbou  |  Water  |  Bome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.