Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Nou wil Gauteng slaggate takel – van waar, Gehasi?
Jacob Mamabolo, LUR vir die departement van paaie en vervoer, op Donderdag se bekendstelling. Foto: Melinda Stuurman

Dit kan net die moontlikheid van die munisipale verkiesing later vanjaar wees wat die Gautengse regering en die Johannesburg-metro uit die bloute laat aankondig het slaggate moet nou inderhaas reggemaak word.

Enige Gautenger en Suid-Afrikaner – ook in die res van die land – sal maar te bly wees as die kwessie van slaggate eindelik aandag kry. Maar ’n mens wil onwillekeurig vra: “Van waar, Gehasi?”

Terwyl rioolvuil in strate en riviere, asook slaggate die onmiskenbare simbool van die mislukte ANC-regering geword het, moes Jan en alleman vir die gelag betaal. Wat spesifiek slaggate betref, is dit al lankal ’n krisis op landelike paaie, maar dit het die afgelope twee jaar ’n kruipende probleem tot in die middestede van Gauteng geword.

Maar dit is ’n skande eerder as ’n prestasie dat so ’n veldtog enigsins nodig is.

Van owerheidskant het geen haan daarna gekraai nie en burgerlike organisasies, inwonersverenigings, boereverenigings en lede van die publiek self moes inspring om slaggate te vul. In Beeld se briewekolom is selfs slaggat-resepte uitgeruil. Maar die burgerlike ywer, hoe lofwaardig ook al, kom neer op ’n dubbele heffing: Hulle moet self vir hul regmakery betaal, maar steeds ook hul belasting.

Dat Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, sy sogenaamde Smart Mobility-veldtog aangekondig het, is te verwelkom. Maar dit is ’n skande eerder as ’n prestasie dat so ’n veldtog enigsins nodig is. Hy en die ANC is dit aan Suid-Afrikaners verskuldig om te verduidelik waarom paaie toegelaat is om so agteruit te gaan en wat van die geld geword het wat daarvoor bestem was. En wat die gevolge is vir politici en amptenare wat nie hul werk gedoen het nie.

Die kernvraag is: Waar kom die geld nou skielik vandaan? Die Johannesburgse metroraad het met R53 miljoen vorendag gekom vir die ses maande lange regmakery oor naweke. Is dit geld wat van ander belangrike prioriteite verskuif word sodat die ANC teen stemdag kan goed lyk?

Suid-Afrikaners het nodig dat basiese dienste, soos die regmaak van paaie, deurlopend gelewer word. Nie net elke vyf jaar as daar ’n verkiesing in die vooruitsig is nie. Hopelik gebruik kiesers die volle dienstermyn van vyf jaar eerder as net die ses maande voor stemdag om hul oordeel te vel.

Meer oor:  Jacob Mamabolo  |  Gauteng  |  Hoofartikel  |  Slaggate  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.