Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Nuwe Action SA van Mashaba verdien 'n kans
Herman Mashaba Foto: Felix Dlangamandla

Suid-Afrikaners wat al keelvol is vir die land se politieke toneel, wat asof in ’n tydkapsule vasgevang grootliks dieselfde bly, sal vars energie soos dié van Action SA verwelkom. En die poging tot politieke herskikking met groot belangstelling dophou.

Herman Mashaba het, hoewel ook nie sonder sy kwota omstredenheid en teenstrydighede nie, tog ’n groot mate van geloofwaardigheid gevestig gedurende sy tyd as Johannesburg se eerste burger.

Heelwat Suid-Afrikaners is in die mark vir ’n nuwe politieke voertuig om uitkoms aan hul land te gee. Hulle sal duim vashou Action SA is nie net die soveelste versameling beroepspolitici wat opdaag vir ’n losgemaal om plekke op kandidatelyste nie.

Die driemanskap van die ANC, DA en EFF, sonder ’n volstrekte meerderheid in een owerheid, het reeds misluk

Mashaba moet besef dit help nie die nuwe party probeer alles vir almal wees of bloot om stemme van opposisiepartye rond te skuif nie. Vir sukses sal steun van die ANC weggerokkel moet word en, soos Action SA beoog, veral toegespits moet word op miljoene Suid-Afrikaners wat nie eens meer as kiesers geregistreer is of stem nie.

Stemme wat nou opgaan om Action SA te veroordeel – want dit sal kwansuis bloot opposisiestemme verdeel – is misplaas. Enigeen het die demokratiese reg om iets nuuts te probeer. En wie het regtig enige alleenreg oortuigend verdien op die mantel om die ANC se houvas op ons politiek te breek?

Die driemanskap van die ANC, DA en EFF, sonder ’n volstrekte meerderheid in een owerheid, het reeds misluk. Hulle het reeds ’n duidelike sein gestuur dat hulle nie in enige kombinasie met mekaar betrokke wil wees nie. Dan maak dit net sin dat nuwe bloed nodig is om die dooiepunt van politieke herskikking wat in die land heers, te breek.

Action SA het vyf beleidspilare aangekondig. Die eerste vier: nierassigheid, maatskaplike geregtigheid, ekonomiese vooruitgang en die oppergesag van die reg is goed, maar vaag. Omtrent alle partye vra daarvoor. Die toets gaan wees hoe hulle dit in die komende maande hopelik meer inhoud gee.

Die vyfde voorstel – van direkte verkose ampsdraers van president tot burgemeesters – se wenslikheid gaan in ’n diverse Suid-Afrika heelwat diskoers uitlok, maar waarskynlik vir Jan en Alleman na ’n oorweging klink. Johannesburg en Tshwane in 2021 deur ’n koalisie van die DA, Ac­tion SA en VF Plus regeer? Of is dit wensdenkery?

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Action Sa  |  Hoofartikel  |  Nuwe Party  |  Politieke Party
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.