Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Pansat - ANC wil Grondwet gebruik soos dit hom pas

Nog ’n instelling wat kragtens die Grondwet ’n belangrike taak het om uit te voer, het ’n slagoffer van die ANC-regering se wanbestuur geword.

Sake by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) het so skeefgeloop dat Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, die raad ontbind het.

Bewerings van onreëlmatige besteding van R18 miljoen by Pansat word ondersoek.

Pansat is ingevolge die Grondwet ingestel om die 11 ampstale, asook die Khoi-, Nama- en San­taal, te ontwikkel en die gebruik daarvan te bevorder.

Pansat moes ook toesien dat die 11 ampstale “gelykheid van aansien geniet en billik behandel word”, soos die Grondwet bepaal.

Tot dusver het daar van dié loflike ideale dadels gekom. Die ANC probeer nie eens lippediens daaraan bewys nie. Hy bevorder net een taal en dit is Engels.

Ná ’n aanvanklike goeie begin in 1995 het Pansat die afgelope 20 jaar die een krisis ná die ander beleef. Dit het ’n tandelose liggaam geword.

Prof. Wannie Carstens, taalkundige en ondervoorsitter van die raad wat pas ontbind is, skets in ’n artikel ’n prentjie van ’n organisasie in totale chaos. Hy sê Pansat het ’n opgeblase personeelkorps en byna geen geld om sy mandaat mee uit te voer en raadsvergaderings te hou nie. Perso- neel­lede dagvaar mekaar oor en weer vir byna enigiets en daar is geen werketiek nie.

Volgens prof. Mbulungeni Madiba, voorsitter van die ontbinde raad, het Mthethwa sy magte oorskry deur die raad te ontbind. Pansat is ’n onafhanklike instelling wat aan die parlement verslag doen.

Hy meen Mthethwa het die raad ontbind omdat hy nie wil hê ongerymdhede by Pansat moet in die openbaar aan die lig kom nie. Hy en ander raadslede wil Mthethwa se besluit in die hof ongeldig laat verklaar.

Pansat en veeltaligheid is nie vir die regering belangrik nie. Uit sy optrede lyk dit of hy dit as ’n lastigheid beskou wat moet verdwyn.

Dit is net nog ’n voorbeeld van die regering wat net die dele van die Grondwet toepas waarmee hy saamstem.

Meer oor:  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.