Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: President reageer realisties, maar heelwat vrae hang
Pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand aan die woord. Foto: Presidensie

Pres. Cyril Ramaphosa se reaksie op die verskerpte styging in die infeksiekoers van Covid-19 is realisties, maar vrae hang oor die regering se strategie.

Sy toespraak voor die nasie Sondagaand, het saamgeval met die nuus dat Suid-Afrika nou internasionaal in die negende plek is vir die meeste infeksies. Die land beklee egter slegs die 23ste plek wat sterftekoers betref. Internasionaal is die persentasie, van diegene met die virus wat sterf, meer as 4%. Maar in Suid-Afrika is dit tans net 1,5%.

Dit is te verwelkom dat daar besluit is om nie terug te keer na vlak 4 of 5 nie, veral weens die moontlike negatiewe impak op die ekonomie.

Ramaphosa het tereg daarop gewys dat dit ‘n internasionale probleem is en dat Suid-Afrika in dieselfde boot as ander lande is. Hy was ook reg, dat alhoewel die regering se vinnige instel van ’n nasionale staat van inperking gehelp het om op die voorvoet te kom, alle regulasies nie reg of effektief toegepas is nie. Hy was veral heeltemal in die kol daaroor dat te veel Suid-Afrikaners se wangedrag, deur veilige optrede oorboord te gooi, ’n ernstige probleem is. Daarom is die beoogde strenger toepassing van bestaande regulasies, soos die verpligte dra van maskers, nodig.

Dit is te verwelkom dat daar besluit is om nie terug te keer na vlak 4 of 5 nie, veral weens die moontlike negatiewe impak op die ekonomie.

Die ooglopende teenstrydigheid in Ramaphosa se rede is die toelaat van 100% taxipassasiers op plaaslike ritte.

Omstrede vir baie gaan die herinstelling van die alkoholverbod wees, veral weens die verlies vir die drankbedryf. Maar tot nou kon kritici van die alkoholverbod nie afdoende antwoorde gee oor die bewysbare druk wat die beskikbaarheid van drank op hospitaalbeddens het nie. Die ooglopende teenstrydigheid in Ramaphosa se rede - waarvan die tema was om die infeksiekoers te bestry - is die toelaat van 100% taxipassasiers op plaaslike ritte. Die knie is dus gebuig voor die bedryf se ringkoppe.

Werk wat gedoen is om gesondheidsdienste gereed te kry, verdien erkenning. Veral ook die veeleisende werk van gesondheidswerkers en medici.

Vrae wat Ramaphosa egter in die lug gelaat het, is wat sy aksieplanne is oor kommerwekkende berigte van toenemende Covid-korrupsie, die opskerp van vrot dienslewering wat ontbloot is, asook politieke ampsdraers en sleutelamptenare wat nie die mas opkom nie. Voorts skuld hy die land vir eens ’n oortuigende raamwerk vir ekonomiese herstel wat bo die ANC se voortslepende flankering met vernietigende Stalinisme uitstyg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.