Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Realisme nou gevra op Dag 11 van inperking
corona
Argieffoto van president Cyril Ramaphosa geneem voor die aankondiging van die inperking. Foto: GCIS

Suid-Afrikaners werk in die meeste opsigte goed saam met die nasionale inperking, reeds bekende probleme in ag geneem.

Dit bly, saam met grootskaalse toetsing vir die koronavirus, die beste bekende manier om die pandemie te stuit.

Plek-plek slaan ongeduld reeds uit onder mense en is die mate van avontuurlikheid van die eerste week of wat verby. Dit is te verstane.

’n Berig in Rapport gister dat die inperking in Suid-Afrika moontlik verleng kan word en selfs so lank as twee tot vier maande, het heelwat mense ontstel, blyk uit hul opmerkings op sosiale media.

Die berig is in pas met voorste wetenskaplikes se denke internasionaal. Uit vele se reaksie blyk nog ’n omvangryke ontkenning van die werklikheid.

Hopelik hoef Suid-Afrikaners nie ’n dag langer as wat nodig is in die situasie ingeperk te sit nie.

Hopelik hoef Suid-Afrikaners nie ’n dag langer as wat nodig is in die situasie ingeperk te sit nie.

Maar ’n werklikheidsbesef is nodig dat daardie dag aangeskuif sal moet word as die oorwig van wetenskaplike feite daarop dui. Almal het nodig om hulself met ’n goeie skoot realisme te staal en voor te bly op die belangrikste kurwe: positiwiteit.

Kenmerke van die situasie in die land tans is:  Pres. Cyril Ramaphosa se positiewe openbare impak op die situasie laat waarnemers reeds opmerk dat hy gerus meer in die openbaar kan verskyn en self praat oor die situasie.

Uitgesluit sy gesondheidsminister, dr. Zweli Mkhize, wat ook tot nou vertroue ingeboesem het, het ander kabinetslede grootliks uit hul diepte en soms selfs eienaardig voorgekom.

Die diskoers duur voort oor die omvang van regulasies, of sulke beperkings en uitgebreide magte aan die veiligheidsdienste werklik nodig is. Hieroor word daar verskil, maar die vrae moet in ’n demokrasie wel voortdurend gevra word.

Wanoptrede deur veiligheidsmagte wek steeds kommer.

Die monitering van selfoonnommers, om blootgestelde mense op te spoor, is rede tot ernstige kommer. Die aanstelling van oudregter Kate O’Regan om dit te monitor, is egter welkom. Sy het deur haar uitsprake in die konstitusionele hof die reg op privaatheid help versterk.

Suid-Afrika gaan nog straf getoets word as ’n gebreekte diensleweringstruktuur groter getalle siekes moet hanteer. Maar almal gaan moet hand bysit en oplossings bedink.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.