Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Regering misluk om Vaal te red
Sonsopkoms oor die Vaalrivier. Foto: Elise Tempelhoff

Die regering se tragiese mislukking met sy halfhartige poging om die Vaalrivier van grootskaalse besoedeling te red, is ’n onverskoonbare skande.

Hierdie stand van sake, nadat miljoene rande reeds uitgegee (en gesteel is), het gister onder die land se aandag gekom deur dié stelling van kol. Andries Mahape, bevelvoerder van die weermag se Vaal-taakmag: “Die toestand van die Vaalrivier is nou skokkender as ooit.”

Hy het ook met “skok” kennis geneem van ’n aankondiging deur Lindiwe Sisulu, minister van water en sanitasie, dat die weermag aan die projek onttrek gaan word. Ofskoon die weermag van meet af aan deur onvoldoende geld en ondersteuning aan bande gelê is, is daar lof vir die 430 soldate se bydrae. Omgewingsaktiviste is positief oor hul herstel- en beskermingswerk by belangrike aanlegte.

Die Vaal-ramp, waardeur groot dele van die rivier met rioolafval besmet is, is in die eerste plek die gevolg van ANC-wanbestuur en -korrupsie op plaaslike regeringsvlak.

Die Vaal-ramp, waardeur groot dele van die rivier met rioolafval besmet is, is in die eerste plek die gevolg van ANC-wanbestuur en -korrupsie op plaaslike regeringsvlak. Gierige selfverryking en volslae onkunde bedreig een van die belangrikste ekonomiese slagare in die land. Dit is reeds ’n omgewingsramp.

Dit vererger ook die impak op die waterskaarste wat in die noordelike provinsies heers weens die uitmergelende droogte en die swak bestuur van die waterbronne. Die pad vorentoe lyk vaag en sonder ’n plan, al het Tito Mboweni, minister van finansies, gister in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk bykomende geld bewillig.

Die vernietigende gevolge van politieke kaderontplooiing, pleks van die aanstelling van die beste talent, is waaronder die Vaalrivier tans ly.

Fikile-Ntsikelelo Moya, onafhanklike joernalis en oudredakteur van The Mercury en The Witness, skryf in ’n artikel vir Eyewitness News: “Verbeel jou die staatsdiens en korporatiewe Suid-Afrika volg die Springbokspan se model. Pleks daarvan om te dink die sakesektor of staatsdiens is vir een groep, kon hulle eerder getap het uit die omvangryke talent onder swart en wit, mans en vroue.”

Die vernietigende gevolge van politieke kaderontplooiing, pleks van die aanstelling van die beste talent, is waaronder die Vaalrivier tans ly. Dit geld ook dienslewering en regering in die algemeen. Daarom is dit nodig dat alle moontlik kundige talent betrek word by die oplossing van ons land se uitdagende probleme, die Vaalrivier ingesluit.

Meer oor:  Vaalrivier  |  Kaderontplooiing  |  Besoedeling  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.