Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Showmax se suurgesig-selfie skep slaggate

Showmax se onoorspronklike suurgesig-selfie, oor sy sensuuraksie teen flieks van een van die nasie se voorste grapjasse, Leon Schuster, skep meer slaggate as oplossings vir die samelewing wat ons probeer skep.

Showmax, waar die bestuur skynbaar wegkruip agter handelsmerkverklarings en ’n “kommunikasiehoof”, swyg ook oor presies wie aan die hand van watter kriteria die sensuuraksie gaan uitvoer. (Die vraag doem op of diegene wat na die flieks moet kyk, toegelaat gaan word om te lag terwyl hulle dit doen.)

Die “stroom-op-aanvraag-diens” aap sy groot mededinger, Netflix, na wat reeds met sulke aksies begin het. Daar is ook berigte dat die SAUK dit oorweeg en dan sal MultiChoice, M-Net en kykNET sekerlik ook onder druk wees om dieselfde te doen.

Haatspraak, rassisme en enige neerhalende optrede of uitsprake kan beslis nie meer in ons samelewing geduld word nie. Nie in enige konteks nie.

Anders is daar geen vooruitsig op vreedsame naasbestaan in ’n al hoe meer diverse wêreld nie.

Schuster-flieks het met die Amerikaanse praktyk van “swartgesigsmeerdery” egter niks te make nie.

Haatspraak, rassisme en enige neerhalende optrede of uitsprake kan beslis nie meer in ons samelewing geduld word nie. Nie in enige konteks nie.

Hy het ’n nasie in moeilike oorgangstye saam met mekaar vir mekaar laat lag. Dit juis op ’n manier wat die belaglikheid van diskriminasies soms ontbloot het.

Daarom kry hy ook steun onder sommige swart Suid-Afrikaners wat sy flieks deur die jare geniet het. In ’n samelewing waar diversiteit ook in verskillend menings neerslag vind, sal daar egter ook diegene wees wat daarmee verskil.

En daaroor moet ons dink en praat en mekaar wedersyds probeer verstaan. Maar om die baba met die badwater uit te gooi elke keer as iemand ’n nuwe hoek vir terugskouende diskriminasie uitdink, gaan ’n sinkende, grys leegte meebring.

Daardie leegte gaan ook die vryheid van kuns, om te verken in die konteks van ’n bepaalde tyd, vernietig. Showmax, Netflix en andere het begin om hul name as voetnote by so ’n era van onderdrukking van uitdrukking te plaas.

’n Nuwe era wat eerder ingeboude neerhalende konstruksies uit die samelewing weer, gaan nie met ’n nuwe Carthyisme reggekry word nie. Veral nie as die reels van selfaangestelde gedagte-polisie voortdurend verander nie.

Gesindhede moet verander en dit verg uitdagende, maar moontlike en rigtinggewende oortuiging.

Meer oor:  Kommentaar  |  Leon Schuster.  |  Hoofartikel  |  Beeld Sê  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.