Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Sol-Tech gee pas aan
’n Kunstenaarsvoorstelling van die nuwe Sol-Tech-kampus.

In lesersbriewe en -SMS’e is die afgelope week daarop gewys dat die ontsmetting van skole in Gauteng R430 miljoen gekos het en die destydse bouwerk aan Nkandla meer as R255 miljoen. Maar vir R300 miljoen het die Solidariteit-beweging ’n volledige beroepsopleidingskampus, Sol-Tech, gebou.

Ironies genoeg word deur die bou van die kampus juis uitvoering gegee aan een van die kernpunte van die veelbesproke Nasionale Ontwikkelingsplan, wat in regeringshande bloot stof vergader.

Want anders as hedendaagse ANC-politici verstaan Solidariteit duidelik dat ’n staat wat ontwikkeling en ekonomiese groei verg, noodwendig bepaalde tegniese vaardighede gaan kort. Voorts skep so ’n instansie nie net werk vir afstuderendes nie. Hulle word ook met ondernemerskap toegerus om vir ander – oor alle grense heen – werk te skep.

Dat Sol-Tech sy onderrig onbeskaamd in Afrikaans gee, is ’n grondwetlike reg.

Dat Sol-Tech sy onderrig onbeskaamd in Afrikaans gee, is ’n grondwetlike reg. Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, wys tereg daarop dat dit deur hoofregter Mogoeng Mogoeng benadruk is toe die konstitusionele hof besluit het Afrikaanse universiteite se taalbeleid is ’n struikelblok vir studente wat toegang tot dié instellings kort.

Mogoeng het die Afrikaanse gemeenskap in soveel woorde aangemoedig om voort te gaan om private instellings te skep en selfs die hoop uitgespreek hulle kry korporatiewe steun daarvoor. (Die hof het destyds wel geswyg oor die feit dat druk ook op Afrikaanse universiteite ontstaan het weens die mislukking van die regering om genoeg geriewe vir almal beskikbaar te stel.)

Gegewe dat ANC-wanbestuur al van so ’n omvang is dat dit basiese regeringsfunksionering gebreek het, staan die veronderstelde vanselfsprekende in die Sol-Tech-projek ook uit: dat die bouwerk in ’n jaar afgehandel is deur doeltreffende beplanning, goeie aanwending van geldelike bronne en sonder die toekenning van boukontrakte met gelaaide tariewe aan selfverrykers. (Van die geld is selfs deur ’n R10-bydraefonds ingesamel).

Almal stem nie met al Solidariteit se standpunte saam nie. Maar gee gerus krediet waar dit toekom. Die projek is ’n groot prestasie en gee die pas aan in die skep van kritieke vaardighede in die land en het vir almal gewys hoe dit gedoen kan word.

Meer oor:  Sol-Tech  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.