Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Stalingrad-sage spook steeds, wyl ANC bly misluk
oudpres. Jacob Zuma
Oudpres. Jacob Zuma Sondagmiddag by Nkandla aan die woord. Foto: Lulama Zenzile

Asof uit ’n Hollywood-draaiboek spook die Jacob Zuma- Stalingrad-sage steeds vandag by Suid-Afrikaners en het hy hom soos ’n wafferse Houdini uit sy tronkstraf gewikkel, vir eers.

Nog meer ontstellend is dat Nkandla nou blykbaar ’n wettelose eiland op sy eie geword het met Covid-19-inperkings wat openlik geminag word. Ook Zuma se eie hofnar, Carl Niehaus, wat op mediaverteenwoordigers skreeu wat vrae vra oor Covid-19-skendings, en asof hy spog, met geweld dreig as die staat durf om ’n veroordeelde misdadiger op te sluit. Al wat van die ANC of die regering te sien is, is provinsiale leiers wat druipstert en paaiend by Zuma gaan respek betoon en kwansuis om vreedsame optrede pleit.

Dit is asof pres. Cyril Ramaphosa, sy regering en sy organisasie eenvoudig terugtree en ’n wettelose lugleegte vir Zuma en sy meelopers laat om te doen en sê wat hulle wil.

Waar is die ingryping, leierskap en nasionale rigtinggewende optrede dat sulke blatante wetteloosheid nie toegelaat sal word nie?

Waar is die ingryping, leierskap en nasionale rigtinggewende optrede dat sulke blatante wetteloosheid nie toegelaat sal word nie? Sihle Zikalala, voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal en premier van die provinsie, spreek sy “verligting” uit dat die konstitusionele hof Zuma se jongste Stalin­grad-aansoek wil aanhoor. Duidelik voel hy ook Zuma is verhewe bo die reg en verdien nie tronkstraf nie. Die naweek het weer bewys dat die ANC se voortdurende mislukking as regerende party nou op volle dreef is. Enigste vraag wat daaroor oorbly, is hoeveel skade moet die land nog ly?

Wat die hof se verrassende besluit betref om Zuma tóg aan te hoor, al het hy vorige geleenthede minagtend van die hand gewys, kan daar net gehoop word dat dit nie is weens broeke wat begin bewe in daardie gestoeltes nie. Regter Sisi Kha­m­pepe het in haar uitspraak juis benadruk dat die hof se gesag ondermyn sal word indien hy nie nou optree nie. Hopelik meen die hof bloot dit is gerade om binne die regsraamwerk die ekstra myl te loop om enige persoon die reg te bied om sy saak te stel.

Interessant hoe Zuma en sy trawante se bravade, om as martelaar tronk toe te gaan skielik gewyk het toe die vonnis ’n werklikheid word.

Suid-Afrikaners gaan die komende weke die nodige senuwees van staal en durf moet wys om die afwykende klomp vir eens op hul plek te sit.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Jacob Zuma  |  Nkandla  |  Regering  |  Tronkstraf  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.