Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: UP kan by US leer hoe om nié met taal te maak
Foto ter illustrasie. (Argief)

Die aanduidings is dat die Universiteit van Pretoria (UP) later die maand oor sy taalbeleid gaan besluit. Die universiteit is ook onder druk om enige aanduiding van ’n eksklusiewe of selfs pro-Afrikaanse taalbeleid te skrap. Die plaaslike EFF-jeugtroepe het aangedui dat dit hul volgende mikpunt is om alle Afrikaanse klasse aan die UP te beëindig en dreig reeds met die ontwrigting daarvan.

Die UP-owerheid het die voordeel dat hy lesse kan leer uit hoe die kwessie by van die ander universiteite hanteer is. ’n Situasie wat hy gerus kan vermy, is die klaarblyklike warboel wat nou oor die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid ontstaan het.

Kort nadat die US se rektor, prof Wim de Villiers, weer hoog opgegee het oor die tweetalige karakter van die nuwe taalbeleid, het twee fakulteite – ingenieurswese en regte – Engels tot hul primêre onderrigtaal verklaar. Die inligting is weer-hou van ’n onlangse konvokasievergadering by
die universiteit. Selfs die raadsvoorsitter, George Steyn, weet duidelik nie meer hoe om dinge daar te verduidelik nie.

Die hoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, verwys tereg na die “onbestendige toepassing” van Maties se taalbeleid. Daarom kan niemand AfriForum Jeug verkwalik dat hy die kwessie nou vir dringende uitsluitsel na die howe verwys het nie. Laat die howe dan nou maar duidelikheid en deursigtigheid bring as die rektoraat, universiteitsraad en konvokasie nie kan nie.

Hopelik kom Tuks se besluitnemers met groter eer uit hul oorweging van die kwessie. Dit word nie betwis dat daar, weens ’n skaarste aan universiteitsbronne, meer ruimte vir anderstalige studente nodig is nie. Ook op tradisioneel Afrikaanse kampusse.

Maar dit kan Tuks baat om steeds voldoende erkenning te gee aan die bydrae van die Afrikaanse gemeenskap om die instelling uit te bou. Ook aan die bydrae wat sy Afrikaanse studente wêreldwyd lewer. Boonop lewer Afrikaanse studente ’n groot en stabiele bydrae tot universiteite se inkomste. ’n Nugtere balans tussen die eise van Afrikaanse onderrig en meertaligheid is moontlik.

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Pretoria  |  Taalbeleid  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.