Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Vlag-uitspraak gee stof tot nadenke

Beperkings van enige aard in ’n vrye, demokratiese samelewing verteenwoordig noodwendig ’n teenstrydigheid. Daarom is dit in beginsel ’n ongemaklike situasie dat beperkings op die ou Suid-Afrikaanse vlag geplaas is. Die vlag verteenwoordig ’n deel van die land se geskiedenis.

Maar almal sal moet kennis neem – ook dié vir wie die vlag nog sentimentele waarde het – dat die hofuitspraak se vertrekpunt juis is na aanleiding van die rondswaai van die vlag in ’n konteks waar dit as kwetsend en haatdraend ervaar is. Hoewel die wit Afrikaanse gemeenskap uiteenlopende standpunte verteenwoordig, het ’n kru regse element wat help momentum gee het aan die punt wat ons met die uitspraak bereik het, sy beeld as ’n geheel gedefinieer en geskaad. Waar talle Afrikaanse organisasies gister beswaar gemaak het teen die beperkings was hulle merkbaar stiller toe die vlag misbruik is.

Suid-Afrikaners het in 1994 ’n nuwe vlag omarm wat dadelik byval gevind en onder ’n meerderheid Afrikaanssprekendes gewild en ’n simbool van trots geword het.

Suid-Afrikaners het in 1994 ’n nuwe vlag omarm wat dadelik byval gevind en onder ’n meerderheid Afrikaanssprekendes gewild en ’n simbool van trots geword het. Die ou vlag kan nog in bepaalde omstandighede gebruik word, wat museums, artistieke en joernalistieke kontekste insluit. En in privaatheid waar dit niemand kan aanstoot gee nie.

Die deel van Die Stem wat in die volkslied opgeneem is, is volgens die EFF “nou die volgende teiken”. Die volkslied soos tans saamgestel is, anders as die ou vlag, wel formeel in die nuwe demokratiese Grondwet opgeneem – ook as ’n daad van versoening. Hieroor, soos met die vlagkwessie, is daar ook heelwat blatante opportunisme om dit vir etniese mobilisering te misbruik. Dit is net so afkeurenswaardig soos enige regse optrede.

Die Suid-Afrikaanse samelewing as ’n geheel – wit en swart – sal vinnig groter verdraagsaamheid en wedersydse begrip moet herontdek. En doelgerig daaraan moet werk, want ons kan die politieke prinse wat hul lewe maak uit verdeling stook nie daarmee vertrou nie. ’n Goeie voorbeeld is die Thabo Mbeki-stigting wat die afgetrede politikus dr. Pieter Mulder gevra het om jong swart mense deur die Voortrekkermonument te neem. Dit is stof tot nadenke en ’n sinvolle uitdaging aan Afrikaanssprekendes.

Meer oor:  Vlag  |  Apartheid  |  Beperkings  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.