Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld steeds getrou aan ‘My wêreld’
Barnard Beukman
Barnard Beukman Donderdagmiddag voordat Mediapark gesluit is.

Dit was ’n onwerklike oomblik toe ons gister 12:00 ook Mediapark in Auckland Park en Beeld se kantoor daar verlaat en toegesluit het. As redaksie ervaar ons dus ook wat elke Suid-Afrikaner beleef wat vanoggend op dag een van die nasionale inperking wakker word. Soos ek reeds onlangs geskryf het, gee ons die koerant uit deur volledig van die huis af te werk. En gaan ons voort om saam met Netwerk24 die daaglikse nuus en nodige inligting aan u te bring. Oor die koronavirus, maar ook oor ander nuus en gebeure.

Die belangrike inligtingsrol wat koerante steeds speel, kry belangrike erkenning in die regering se besluit dat ons mag voortgaan om te druk en versprei.

Hy moet net besef ons waghondrol gaan voort en saam met Netwerk24 betrek ons soveel moontlike kenners om ons te help ontleed en vertolk.

In ag genome die buitengewone omstandighede sal ons nie meer so wyd as gewoonlik kan versprei nie. Koerante word steeds tuis afgelewer en sal hoofsaaklik by groter supermarkte te koop wees (ons sal mettertyd meer inligting verskaf). In reaksie op heelwat navrae oor huisaflewering noudat mense letterlik heeltyd of die meeste van die tyd daar moet deurbring, het ons op bl. 4 ’n spesiale aanbod van 50%-afslag vir nuwe intekenare. Só kan hulle ook Suid-Afrika se bes ontwerpte koerant (bekroon met die Frewin-trofee) oor ’n koppie koffie geniet. Die strengste voorsorg word getref dat ons produksie- en afleweringstruktuur hul dienste veilig uitvoer.

Waar koerante grootliks onbekombaar is, is die reeds internasionaal bekroonde Netwerk24 beskikbaar met voortdurende opdatering van die jongste nuus en ons groot verskeidenheid van inhoud. Beeld se inhoud is ook volledig daarop beskikbaar.

Ons besluit om aan te hou koerante druk, is enersyds ’n moeilike een om te neem, maar andersyds maklik. Dit is ons rol en ons plig. Soos Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24, tereg opmerk: “Joernalistiek is nie ’n werk nie, dis ’n leefwyse en ’n roeping.”

Ons deel dit graag met elke Suid-Afrikaner waarvan elkeen nou ’n kernrol speel in die groot gelykmakende werklikheid van die koronavirus.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Beeld  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.