Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: 2 m. heeltemal te min
BOSTON, MA - JANUARY 29: The Pfizer vaccine is pre
Foto ter illustrasie.

Dit is ’n kritieke vraag of Suid-Afrikaners ooit die volle waarheid gaan hoor oor waarom die Suid-Afrikaanse regering se entstofonderhandelinge alreeds verlede jaar so skeefgeloop het.

Weliswaar is daar nou probeme buite Suid-Afria se beheer: Dit sluit in vervaardigingsprobleme, ’n gesloer met patentreg en ontwikkelde lande wat tuisbodem prioritiseer voor hulle verder kyk.

Maar dit verskoon nie die feit nie dat daar steeds talle vraagtekens hang oor die regering se onvermoe om betyds meer entstowwe te beding. Dit laat ’n wrang smaak in Suid-Afrikaners se mond, waarvan talle nou die hoogste prys betaal. Die land - en veral Gauteng - gaan nou ’n siedende derde vlaag van die pandemie binne met net sowat 2 miljoen Suid-Afrikaners wat reeds ’n entstof of ’n eerste helfte daarvan ontvang het -heeltemal te min.

Baie mense het begin glo dat verantwoordelike gedrag en internasionaal aanvaarde beperkings nie werklik iets is waaraan jy jou hoef te steur nie.

Dit gaan waarskynlik daartoe lei dat ’n nasionale kudde-immuniteit nie in die afsienbare toekoms bereik kan word nie en dat ’n vierde vlaag dan ook trotseer sal moet word. Voor in die koor, om die regering vir hul swak entstofaankoop-program te blameer, is die sogenaamde “uitbrekers”.

Hulle het verlede jaar vanaf dag een stemming gemaak teen enige vorm van inperking as ’n komplot om staatsbeheer te kry en nie werklik van enige nut is nie. Alhoewel die staat in hul hande gespeel het met ’n komedie van magsdronk-flaters, is baie skade aangerig. Baie mense het begin glo dat verantwoordelike gedrag en internasionaal aanvaarde beperkings nie werklik iets is waaraan jy jou hoef te steur nie. Daarteen is hier telkemale gewaarsku.

Dit blyk tog nou - ook uit lesersreaksie - dat die nut van gesonde sosiale afstand en bepaalde beperkings wat wel nodig is in die stryd teen die pandemie, nou ’n groter byval vind. En soos mense harder getref word deur die derde vlaag word die vinger selfs gewys na diegene wat anders gepredik het. Daar is selfs kenners - wat voorheen gekla het oor bepaalde inperkings - wat nou kla dat die regering nie vinnig genoeg beweeg het om nou strenger maatreels in te stel nie. Die oproep om die vinnige uitrol van entstowwe, eerder as alternatiewe middels, neem ook toe. Uiteindelik kan baie mense dit nie verhelp dat hulle wel aansteek nie. Dit is ’n viruspandemie, maar almal moet meewerk om so veilig as moontlik te bly.

Meer oor:  Hulp  |  Inentingsprogram  |  Pandemie  |  Inentings  |  Inspuit  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.