Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Die skade wat OB aanrig
Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, vroeër die jaar in die beskuldigdebank. Foto: Melinda Stuurman

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbarbeskermer (OB), se jongste hofaansoek om die ondersoek na haar bevoegdheid te stuit val vreemd op.

Uiteindelik sal die hof oor die saak besluit. Maar terwyl haar posbeskrywing “openbare beskermer” heet, is dit duidelik dat sy eerder ’n openbare risiko is in terme van haar vorige en vurige – maar onsuksesvolle – betoë in ons howe.

Sy moes byvoorbeeld skouspelagtig haar aansoek in die konstitusionele hof laat vaar teen die bevinding van regter Sulet Potterill waarluidens die OB se bevinding teen minister Pravin Gordhan “vaag, teenstrydig en onsinnig” is.

En daar is ’n rits verdoemende hofbevindings teen Mkhwebane wat dié punt afdoende bewys. Onder dié tel twee tweede kostebevele teen haar waarvoor sy self moes hoes: Regter Sisi Khampepe en ’n meerderheid regters in die konstitusionele hof het Mkhwebane se appèl teen ’n strafkostebevel van die hand gewys en was dit eens met die hooggeregshof dat sy persoonlik aanspreeklik gehou word vir 15% van die Absa-Ciex Reserwebank-hofgeding se regskoste. )

Sy verklaar dat God haar in haar pos geplaas het en bly klou soos ’n neet daaraan.

Vroeër het regter Ronel Tolmay Mkhwebane gelas om 7,5% van die DA en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) se regskoste in die saak oor haar verslag oor die Estina-suiwelprojek uit haar eie sak betaal. Sy moes 85% van die koste in haar amptelike hoedanigheid as OB betaal.

Dit volg nadat Tolmay verklaar het Mkhwebane se verslag oor die Estina-projek was ongrondwetlik en ongeldig omdat sy in haar plig versuim het om die suiwelprojek na behore te ondersoek en daaroor verslag te doen.

Nie dat dié soort verdoemende bevindings Mkhwebane enigsins van stryk bring nie.

Sy verklaar dat God haar in haar pos geplaas het en bly klou soos ’n neet daaraan. En elke dag wat sy in haar pos aanbly, berokken sy dié waghondinstelling al hoe meer skade. Dié koerant laat uiteraard die uiteindelike bevinding in die hande van die hof. Dit bly egter verbluffend dat iemand aan die stuur van ’n waghondinstelling nie genoeg skaamte het om – met ’n geskiedenis soos hierbo – reeds uit eie beweging te bedank nie.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Onbevoegdheid  |  Hof  |  Skade  |  Teenkanting  |  Hoofartikel  |  Openbare Beskermer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.