Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Brian Molefe sal bewyse moet bring teen Cyril
Brian Molefe

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, se bewerings oor pres. Cyril Rama­phosa moet krities betrag word. Molefe het Ramaphosa verlede week voor die Zondo-kommissie daarvan beskuldig dat hy sy politieke mag misbruik het om die Optimum-myn te bevoordeel.

Volgens hom het die mynmaatskappy Glencore ’n belang van 9,64% van die Optimum-myn aan Ramaphosa gegee en hom die voorsitter van ’n nuwe maatskappy gemaak wat die myn gekoop het, wetende dat hy politieke invloed het. Die sukses van die maatskappy het daarvan afgehang dat ’n nuwe prys beding word waarteen Eskom steenkool van die myn sou aankoop. Dit moes van R150 tot R530 per ton verhoog word.

Ramaphosa was as adjunkpresident aan die hoof van ’n spesiale “krygskamer” wat begin is om Eskom te ondersoek. Toe Molefe in 2015 as uitvoerende hoof by Eskom begin werk het, was Ramaphosa besig om sy aandele in die Optimum-myn te verkoop, maar dit was nog nie afgehandel nie. Molefe beweer daar was ’n belangebotsing.

Dit is opvallend dat Molefe nog nooit dié bewerings teen Ramaphosa gemaak het buite die Zondo-kommissie nie – waar hy nie beskerming teen ’n lastereis geniet nie.

Ramaphosa ontken die aantygings.

Dis ernstige bewerings en dit is die Zondo-kommissie se taak om vas te stel of daar enige waarheid in steek. Indien wel, moet die nodige stappe teen Ramaphosa volg. Nietemin kan waarnemers nie kwalik geneem word nie as hulle Molefe se bewerings met ’n stewige knippie sout neem tot tyd en wyl die nodige bewyse gelewer is.

Eerstens is dit ’n saak van openbare rekord dat Molefe die nasionale kragvoorsiener onder ’n wolk verlaat het nadat prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, hom met die Gupta-familie se beweerde staatskapingbedrywighede verbind het. In dié sin lyk hy baie soos ’n kat wat benoude spronge doen.

Tweedens is dit opvallend dat Molefe nog nooit dié bewerings teen Ramaphosa gemaak het buite die Zondo-kommissie nie – waar hy nie beskerming teen ’n lastereis geniet nie.

Derdens: Hoekom maak hy die bewerings nou eers? As uitvoerende hoof van Eskom was dit tog sy plig om die kwessie aan die kaak te stel toe hy daarvan bewus geword het.

Ramaphosa het reeds gesê hy sal voor die kommissie verskyn. Nou is die bal in Molefe se baan om die bewyse te lewer.

Meer oor:  Eskom  |  Brian Molefe  |  Hoofartikel  |  Aantygings  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.