
Ondanks sy welslae in die afgelope tussenverkiesings, flikker die gevaarligte vir die ANC.
Met Suid-Afrika se munisipaliteite onder die ANC op die rand van wanfunksionaliteit weens die ineenstorting van dienste bied die munisipale verkiesing ’n skrefie van ’n geleentheid om sake beredder te kry.
Die uitstel van vanjaar se verkiesing sou dus tot nadeel wees van die inwoners van wankelende stede en dorpe en tot voordeel van slegs die politieke partye vir wie die vertraging sou pas.
Die herhaalde pleidooi van die EFF dat die verkiesing uitgestel word tot 2024 en saam met die nasionale en provinsiale verkiesings val, strook met sy opportunistiese aard. Die party se motief het minder te doen met die Covid-19-pandemie se risiko’s wat hy as dekmantel voorhou as met sy behoefte aan massabyeenkomste vir die opsweping en mobilisasie eie aan sy ontwrigtingspolitiek.
Net by Clicks en in Senekal kon die EFF-stormjaers die afgelope jaar politieke kapitaal gaan najaag.
Die ANC sê wel die munisipale verkiesing moet voortgaan, maar duidelik met gemengde gevoelens.
Die ANC sê wel die munisipale verkiesing moet voortgaan, maar duidelik met gemengde gevoelens. In 2020 het Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, gesê die party se nasionale werkkomitee het die “wenslikheid” daarvan bespreek om dit met 2024 se nasionale en provinsiale verkiesings saam te voeg.
Ook vir die ANC sou die status quo verkieslik wees. Sy kaders luier in die vet plaaslike leierstoele terwyl die plekke onder hul beheer verval.
Ondanks sy welslae in die afgelope tussenverkiesings, flikker die gevaarligte vir die ANC.
Ondanks sy welslae in die afgelope tussenverkiesings, flikker die gevaarligte vir die ANC. In die munisipale verkiesing vaar hy altyd swakker as in die voorafgaande nasionale verkiesing. Die daling in sy nasionale steun na 57,5% in 2019 van 65,9% in 2009 en 62,1% in 2014 voorspel ook ’n val in munisipale steun, wat in 2016 op ’n laagtepunt van 53,9% was.
Hoe later, hoe beter dus vir die EFF en die ANC. Al sou dit beteken gesamentlike verkiesings in 2024, ontneem die munisipale verkiesing van sy fokus. En al vergaan dorpe en stede intussen.
Vanjaar se verkiesing moet geskied tussen Augustus en November, binne die vereiste 90 dae ná die verstryking van die huidige rade se termyn. Anders moet die Grondwet gewysig word.
Dit sou gerade wees vir die Verkiesingskommissie (OVK) om solank logistieke huiswerk te doen oor die veilige aanbied van die munisipale verkiesing. Die dorpe en stede kan nie tot 2024 wag nie.