Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: SA se geboue in buiteland ’n verleentheid
Die parlementsgebou in Kaapstad.

As die veronderstelde trotse bewaker van Suid-Afrika se bilaterale werksaamhede en beeld in die buiteland behoort die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se eie sake ’n toonbeeld van onberispelike voortreflikheid en sobere bestuur te wees.

Die wyse waarop die departement eiendomme onder sy toesig in die buiteland bestuur, spreek tot die teendeel en stel die land in die verleentheid.

Terwyl R575 miljoen per jaar vir die huur van eiendomme in die buiteland betaal word, is van die grond en eiendomme in staatsbesit in onbruik.

’n Parlementêre komitee het verlede week ook gehoor van die eiendomme in Suid-Afrikaanse besit word onwettig beset en ander het baie agteruit gegaan en is in ’n toestand van verval.

Dié diplomatieke verleentheid vererger deurdat van dié eiendomme en stukke grond vóór en ná 1994 aan Suid-Afrika geskenk is.

Die haglike toestand lei tot drie vrae. Eerstens, hoe het dié situasie ontstaan? Hieroor is swak bestuur en administrasie, asook ’n toenemende gebrek aan kapasiteit as redes aan die parlementêre komitee voorgehou. Sake het oor die jare heen versleg omdat geen daadwerklike stappe gedoen is om die eiendomskwessie te besleg nie.

Terwyl R575 miljoen per jaar vir die huur van eiendomme in die buiteland betaal word, is van die grond en eiendomme in staatsbesit in onbruik.

Tweedens, as die departement nie die logistiek van die deeglike eiendomsbestuur van die 127 eiendomme in Suid-Afrikaanse besit oorsee en nog sowat 1 000 huureiendomme kan behartig nie, hoe is dit opgewasse om namens Suid-Afrika op te tree?

Derdens, as eiendom in staatsbesit en huureiendom in die buiteland só bestuur word, hoe dink die ANC “staatsvoogdyskap” oor grond – as ’n knieval voor die EFF – kan enigsins vertrou word?

Die skade van R714 000 wat ’n Suid-Afrikaanse diplomaat aan sy huurwoonstel in Wene, Oostenryk, aangerig het, is juis ’n onlangse voorbeeld van hoe rojaal en skadelik gesante omgaan met dit wat aan hulle toevertrou is.

Die parlementêre komitee het in die sessie aan die departement voorgestel dat hy ’n eiendomsbestuurstrategie ontwikkel! Dat dit nie reeds so geskied nie, skrei ten hemele. Dit laat ’n mens wonder wie nou weer die bewindsparty en sy minister van internasionale betrekkinge en samewerking is.

Meer oor:  Internasionaal  |  Politiek  |  Parlement  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.