Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Hopelik verras CR met skuiwe
President Cyril Ramaphosa Foto: Gallo Images

Terwyl gerugte oor ’n kabinetskommeling loop en druk vanuit die land op pres. Cyril Rama-phosa toeneem om dit deur te voer, is dit soos alles in die magspolitiek nie so eenvoudig nie.

In ’n volwasse demokrasie is die behoefte aan bekwame kabinetslede met bewese kundigheid en bestuursvermoëns om hul portefeulje doeltreffend in belang van die land en sy burgers te bestuur, onteenseglik. Aanspreeklikheid is die finale norm.

Met dít as maatstaf is dit klinkklaar hoekom Suid-Afrikaners, buiten diegene in die ANC se RET-Zuma-faksie, wil hê dat daar ná die onluste-fiasko van Ayanda Dlodlo (staatsveiligheid), Bheki Cele (polisie) en Nosiviwe Mapisa-Nqakula (verdediging) ontslae geraak moet word. Tereg word ook gevra of Mmamoloko Kubayi-Ngubane as waarnemende minister van gesondheid die mas opkom met die krisisbestuur wat die Covid-19-pandemie verg.

Die een vraag is waar Ramaphosa nuwe ministers vandaan gaan kry om die heel swakkes mee te vervang. Enkele swaeltjies maak nie ’n somer nie. En ANC-onbeholpenes is nie net in die kabinet nie, maar sit ook dik in die parlement en elders.

Die groter saak is of Ramaphosa in eenvoudige taal polities sterk genoeg in die ANC is om die kabinet met sy voorkeur-kandidate te laai en “die keuse tussen party en staat”, waarvoor talle vra, af te dwing.

Die groter saak is of Ramaphosa in eenvoudige taal polities sterk genoeg in die ANC is om die kabinet met sy voorkeur-kandidate te laai en “die keuse tussen party en staat”, waarvoor talle vra, af te dwing. Politieke kenners verskil daaroor of hy die politieke kapitaal het om dit deur te dryf.

Uiteraard moet winste teen risiko opgeweeg word. Ja, Ramaphosa moet hom nie deur die Zuma-gesindes as gyselaar laat hou nie.

Sy dilemma is egter dat van die swakste ministers hulle in die veiligheidsgroepering bevind op ’n tydstip wat staatsveiligheid nou allerbelangrik behoort te wees.

Indien Ramaphosa wel besluit om dié ministers te vervang, moet dit gladweg geskied. Nóg onluste kan die land nie bekostig nie. En die weermag en polisie moet oorgehaal wees om in te gryp.

Tydsberekening vir die inskakeling van sy bondgenote is deurslaggewend. Tyd tot die ANC se na­sionale konferensie einde 2022 om hom vir ’n tweede termyn as partyleier te verskans, het hy ook nie. Terselfdertyd moet hy die ongeduld van (die res van) die land verduur. Hopelik verras hy weer.

Meer oor:  Skuiwe  |  President  |  Kabinetskommeling  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.