Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Inperkings nou by ’n inent-kruispad
k
Foto: Unsplash

Pres. Cyril Ramaphosa se besluit om pandemie-inperkings verder te verslap en die land af te gradeer na vlak 2 is te verwelkom.

Dit is ’n stap in die regte rigting om ekonomiese aktiwiteite weer op ’n optimale vlak te kry. Duidelik het die regering besluit om geleidelik in daardie rigting te beweeg sodat die stabiliteit, wat met die infeksiekoers bereik is, nie weer eensklaps ongedaan gemaak word nie. Dit is ook in ooreenstemming met internasionale lesse wat die afgelope 18 maande geleer is.

’n Meer geleidelike verslapping wen ook tyd vir die inentingsprogram, wat uiteindelik teen ’n heel aanvaarbare spoed op dreef is, om die nodige beskermende uitwerking te vestig.

Sakelui en entrepreneurs wat direk negatief geraak word deur die inperkings, pas egter volgehoue druk toe vir die vinniger afskaffing van die laaste inperkings. Piet Mouton, uitvoerende hoof van PSG, het in ’n ope brief ook daarop gewys dat die opheffing van alle inperkingsregulasies so gou as moontlik nodig is om die land op ’n pad van hoër indiensneming en ek

Sakelui en entrepreneurs wat direk negatief geraak word deur die inperkings, pas egter volgehoue druk toe vir die vinniger afskaffing van die laaste inperkings.

onomiese herstel te plaas.

In sy brief, wat die debat oor hoe om die pandemie te klop na ’n nuwe dimensie neem, maak hy ’n strategiese koppeling tussen die oopmaak van die ekonomie en vordering met inentings.

Kortliks pleit hy daarvoor dat diegene wat nog vasskop teen inentings, nie ekonomiese herstel langer gyselaar mag hou nie. Hulle moet volgens hom deur hul keuse uitgesluit word van vrye beweging in ekonomies aktiewe omgewings soos restaurante, parke, winkelsentrums, lughawens en ander ondernemings.

“As jy die inperking en die gevolge daarvan bo inenting verkies, behoort die inperking vir jou en jou alleen te wees,” skryf hy in die brief.

Hoe gouer enige sakelui, ook restauranteienaars, besef ons keer nie terug na die onbeperkte partytjiekuiers van voor die pandemie nie, hoe gouer sal hulle ook meewerk om veilige sones te help skep wat so gou moontlik weer op dreef is.

Intussen berus dit by elke Suid-Afrikaner om mee te help met die poging tot oorreding van diegene wat om welke rede nog huiwerig is om ingeënt te word. En dit op ’n insluitende en deernisvolle manier.

Meer oor:  Inperkings  |  Ekonomie  |  Hulp  |  Inentingsprogram  |  Pandemie  |  Inentings  |  Inspuit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.