Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Integriteit van die ANC op tafel voor Zondo & kie
070318w Nuus- Johannesburg-Key appointments to the
Adjunkhoofregter Raymond Zondo

Die omvang van die getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die magdom werk vir sy ondersoekers, regspan en sekretariaat maak adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter, se voorgenome hofaansoek vir drie maande meer tyd onvermydelik. Al beproef dit die geduld van Suid-Afrikaners wat na geregtigheid smag, kan sake nie onklaar gelaat word nie.

Klaarblyklik was die aanvanklike 180 dae wat vir die kommissie se werk toegestaan is toe Jacob Zuma – einste hy – as staatshoof die proklamasie vir die instelling van die Zondo-kommissie in die Staatskoerant in 2018 onderteken het, gans te min. Dit is tot twee jaar verleng en sedert die begin van sy werk in Augustus 2018 telkens uitgestel.

Die voorneme vir uitstel nou moet beskou word in die konteks van omvangryke staatskaping onder ANC-bewind, met Zuma se presidensiële termyn as spilpunt, wat norme en perke oorskry. Bykans drie jaar se getuienis en 413 verhore en meer as 200 000 bladsye se verklarings en transkripsies later, volgens die kommissie se webwerf, is dit het einde niet.

Dit sou onbepaald kon aangaan, maar die Zondokommissie se verslag en sy aanbevelings, waarskynlik nou teen einde September, word afgewag.

Dán is dit die taak van die opgekikkerde nasionale vervolgingsgesag om vervolgings aan te pak – én deur te voer.

Die eens onaantasbare ANC-kaders se jakkalsdraaie voor die Zondo-kommissie was vermaaklik – en frustrerend. Die web trek stywer met die finale toets vir regsgelykheid wat geslaag moet word.

Die eens onaantasbare ANC-kaders se jakkalsdraaie voor die Zondo-kommissie was vermaaklik – en frustrerend. Die web trek stywer met die finale toets vir regsgelykheid wat geslaag moet word.

Die aanvoorwerk is reeds gedoen. Die vervolging rakende die Estina-swendelprojek en behuisingsbedrog, albei in die Vrystaat, spruit onder meer uit die web van getuienis voor die Zondo-kommissie waarvan die drade verder nagespeur is.

TV-uitsendings het gewys hoe die knap getuienisleiers die betraptes in ’n hoek en tot ekskuse, stilstuipe en blaamskuiwery dryf. Met almal wat die Gupta-kêrels glo net terloops ontmoet het.

As “korrupteerbaarheid” die teenpool van “integriteit” is, is oudminister Malusi Gigaba se verontwaardiging oor ’n getuienisleier se vraag oor sy “integriteit” veelseggend. Dit verklaar ook hoe die Guptas van Indië die ANC kon infiltreer en aanwend.

En dít is wat voor die kommissie aan die bod is.

Meer oor:  Raymond Zondo  |  Zuma-Reaksie  |  Hoofartikel  |  Anc  |  Zondo-Kommissie  |  Integriteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.