Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Maak nóú die polisie skoon
Lt.genl. Bonang Mgwenya

’n Omvattende skoonmaakproses is nodig in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te oordeel na die mate waarin die rangstruktuur van bó tot onder deur misdadigers of beweerde misdadigers gekaap is.

Onlangs is lt.genl. Bonang Mgwenya, nasionale adjunkkommissaris vir menslike hulpbronne, aangekeer op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Sy moet volgende maand in die hof verskyn, tesame met meer as ’n tiental ander beskuldigdes, insluitend die voormalige waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane.

En pas het dit aan die lig gekom dat talle lede van die SAPD se BBP-eenheid aangekla word weens ernstige beweerde misdade insluitend moord, seksuele oortredings en die rig van ’n vuurwapen. Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het al erken dat die sake teen polisielede die SAPD diep gewond het. Hy moet egter nou daad by die woord voeg en die skoonmaakproses enduit voer.

Laat ons onder geen wanindruk verkeer oor hoe ons hier beland het nie.

Laat ons onder geen wanindruk verkeer oor hoe ons hier beland het nie. Nadat die land bykans twee dekades laas ’n polisiehoof met integriteit gehad het, is Sitole die eerste loopbaan-polisielid wat as nasionale polisiehoof aangestel is.

Nadat George Fivaz, wat deur oudpres. Nelson Mandela aangestel is, sy kantoor in 2000 verlaat het, het die een katastrofe ná die ander gevolg.

Ná Fivaz het oudpres. Thabo Mbeki die korrupte Jackie Selebi aangestel wat – nogal as hoof van Interpol – Suid-Afrika internasionaal verneder het toe hy aan korrupsie skuldig bevind is.

Toe het oudpres. Jacob Zuma vir Cele. ’n ou vriend uit KwaZulu-Natal, gaan haal om polisiehoof te word. Cele is ná ’n ondersoek na die polisie se huurkontrakte ongeskik bevind om polisiehoof te wees. Dat hy nou, getrou aan die ANC-gees van herontplooiing as minister van polisie dien, moet gou deur pres. Cyril Ramaphosa heroorweeg word.

Cele is opgevolg deur Riah Phiyega, wat in ’n interne polisieondersoek aan bedrog, meineed en wangedrag skuldig bevind is. Die Farlam-kommissie van ondersoek na die Marikana-slagting het ook verdoemende bevindings oor haar gemaak.

Hoe gaan die polisie ooit dié respek verdien as sy hoogste bevelvoerders self in die beskuldigdebank staan? Maak nou skoon, van bó tot onder.

Meer oor:  Bonang Mgwenya  |  Hoofartikel  |  Polisie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.