Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Regering gebruik virus vir transformasie
Sisa Ntshona Foto: Boipelo Mere

‘Toerisme is lewensbelangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en ’n sektor wat gekoester moet word vir volgehoue en inklusiewe groei.”

So het Sisa Ntshona, uitvoerende hoof van SA Toerisme, in Maart 2018 op ’n internasionale handelskou in Duitsland gesê.

Sedert dié uitspraak het Covid-19 toerisme wêreldwyd tot stilstand gedwing weens reisbeperkings, inperkings en toeriste (plaaslik en interna­sionaal) se benarde geldsake.

Die sektor bly egter deurslaggewend vir Suid-Afrika en die herstel daarvan, hoe stadig ook, sal uiteraard bydra tot die herstel van die ekonomie.

In 2016 het toerisme volgens Statistieke SA direk 2,9% tot die land se bruto binnelandse produk bygedra en het dit meer werk geskep as ander sektore. Van 2012 tot 2016 is 40 000 nuwe poste in dié bedryf geskep.

Dis die harde feite, maar wanneer die regering in die middel van ’n globale pandemie besluite neem, berus dit op die oog af meer op emosie as op feite.

’n Getransformeerde ekonomie is duidelik vir die ANC-beheerde regering belangriker as ’n gesonde, volhoubare ekonomie.

Pres. Cyril Ramaphosa se bekendstelling van die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) om toerismeondernemings in dié tyd finansieel te ondersteun, was eintlik maar ’n onverdunde erkenning deur die regering dat transformasie in die bedryf in 25 jaar klaaglik misluk het.

Geld uit die TEF, het Ramaphosa gesê, is net beskikbaar vir toerismeondernemings in swart besit.

Wat moet van ondernemings in wit besit word? Of is die plan dat dit tot bankrotskap “transformeer”? En wat van die swart werkers in dié ondernemings se diens?

’n Getransformeerde ekonomie is duidelik vir die ANC-beheerde regering belangriker as ’n gesonde, volhoubare ekonomie.

Terwyl Suid-Afrikaners in die uitdagendste tyd in menseheugenis moet saamstaan, kry wit belastingbetalers, entrepreneurs, werkskeppers en gewone mense wat kies om hier te bly en ’n verskil te maak, nóg ’n rasklap van ’n regering wat hulle soos vreemdelinge in hul eie land laat voel.

Dis net ’n mislukte regering wat sal probeer om ’n virussiekte te misbruik om die “beter lewe vir almal” wat hy in 25 jaar nie kon skep nie, deur transformasie te bewerkstellig.

Meer oor:  Ramaphosa  |  Cyril  |  Sisa Ntshona  |  Hoofartikel  |  Toerisme  |  Transformasie  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.