Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Modise verdien pluimpie
Thandi Modise. (Photo: Deon Raath)
Thandi Modise Foto: Deon Raath

Die bestedingsgewoontes van die ANC se amptenare in openbare ampte laat nie dikwels ruimte vir komplimente nie, maar Thandi Modise, die speaker, verdien ’n klop op die skouer.

Modise het Vrydag in ’n sitting van die komitee oor die finansiële bestuur van die parlement haar voet dwars gesit oor beoogde planne van die departement om die parlement se vier kombuise teen R25 miljoen te laat opknap.

“Nie in my naam nie,” het Modise daaroor gesê en bygevoeg dat na goedkoper opsies gekyk moet word. Hopelik is dit ’n aanduiding dat pres. Cyril Ramaphosa en finansminister Tito Mboweni se boodskap dat daar nie ’n sent te mors is nie, begin suurdeeg.

Dat dit Modise was wat dié sterk standpunt ingeneem het, is ook baie betekenisvol. Ampshalwe het sy finale verantwoordelikheid vir die administrasie van die parlement – dié instelling wat die uitvoerende gesag verantwoordbaar moet hou, ook vir die wyse waarop die regering geld uitgee. As sulks mag daar geen vinger na die parlement te wys wees as dit kom by spandabelrigheid nie.

Wat die toesigfunksie betref, het die parlement baie herstelwerk aan sy eie beeld te doen. Dit is veral dié rol van die parlement wat tydens die Zuma-skandjare erg uitgekalwe is.

Uiteindelik is die wye omvang van staatskaping minstens ten dele toe te skryf aan die parlement wat nie sy toesigrol na behore uitgeoefen het nie.

Uiteindelik is die wye omvang van staatskaping minstens ten dele toe te skryf aan die parlement wat nie sy toesigrol na behore uitgeoefen het nie.

As die vernaamste instelling waaraan die regering moet verantwoording doen, was dit sý taak om ministers en die president vroeër tot verantwoording te roep.

Die konstitusionele hof was op 31 Maart 2016 ook siedend in sy oordeel oor die gapende leemte in die wyse waarop die parlement sy toesigrol speel. Hy het pertinent bevind dat die Nasionale Vergadering en Baleka Mbete, speaker, in gebreke gebly het om Zuma in die Nkandla-sage tot verantwoording te roep.

Die politieke gedienstigheid van Mbete in die speakerstoel was inderdaad die ruim rokspant waaragter Zuma en sy ministers kon skuil.

Modise het beslis al begin om verlore aansien in die amp van die speaker te herstel. Een swaeltjie maak nie ’n somer nie, maar hopelik vorder ons nog verder om ’n parlement te kry waarop Suid-Afrikaners werklik kan trots wees.

Meer oor:  Thandi Modise  |  Korrupsie  |  Hoofartikel  |  Besparing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.