Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Moenie DA te gou met badwater uitgooi
Foto: Melinda Stuurman

Dit sal ’n fout wees as kiesers ’n belangrike bolwerk teen die ANC se mislukking, die DA, saam met die badwater uitgooi.

Net soos die ANC is die DA die afgelope twee jaar al tot vervelens toe ontleed en is almal bewus van die party se probleme. In ’n diverse land soos Suid-Afrika gaan die bou van ’n groter beweging noodwendig probleme meebring. Die DA se swak hantering van baie van die probleme het ook inderdaad nie ongesiens verbygegaan nie.

Die VF Plus het welverdiend ten koste van die DA begin groei. So ook kleiner splintergroepe soos die Patriotic Alliance, Good, Al Jama-ah, Cape Coloured Congress en selfs onafhanklikes. Sommige kon selfs, soos die ANC, wyke by die DA afneem.

Maar betekenisvolle afleidings kan in die pas afgelope munisipale tussenverkiesings in Tshwane gemaak word. Groot gewag word gemaak van die VF Plus wat ten koste van die DA in byvoorbeeld Faerie Glen in die ooste van Pretoria gegroei het.

Feit is, die DA het die wyk steeds met ’n 65%-meerderheid behou, wat met ’n laer stempersentasie en hedendaagse meerderhede steeds ’n groot oorwinning is.

Feit is, die DA het die wyk steeds met ’n 65%-meerderheid behou, wat met ’n laer stempersentasie en hedendaagse meerderhede steeds ’n groot oorwinning is. Om die ANC aan bande te lê moet wyke gewen word – die getal verloorstemme moenie net verhoog word nie.

Voorts het die DA die ANC betekenisvol aan bande gelê deur sy stemtotaal van 30% na 43% te verhoog in die kroonjuweelwyk met die Uniegebou in waar 80% van die kiesers swart is. Die EFF boer by ’n politieke plafon en verteenwoordig geen rasionele toekoms vir die land nie; inteendeel.

Die DA het net homself te blameer vir die politieke stormwater waarin hy verkeer. Meer kiesers gaan hulle waarskynlik na kandidate en partye wend wat hul unieke plaaslike omstandighede die beste dien, ten koste van groter partye. En dit is hul demokratiese reg. Maar as opposisiepartye gaan verval in smeerveldtogte deur lae-kaliber-beroepspolitici wat salarisse soek en in die proses stemme verdeel, gaan hulle die ANC weer laat wegkom. Kiesers behoort meer te vra van diegene wat om hul stem meeding. Opposisiekiesers het heelwat opsies om van te kies en ’n verskeidenheid taktiese oorwegings is geldig. Die DA bly ’n belangrike opsie op die lys vir oorweging, maar gaan inderdaad moet wys hy verdien dit.

Meer oor:  Verkiesing  |  Da  |  Kiesers  |  Anc  |  Stemme  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.