Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: ’n Swaar tyd van saamstaan lê vir Suid-Afrika voor
Rook bedek Dinsdag die Johannesburgse middestad waar oproeriges paaie met brandende bande versper en ondernemings plunder. Foto: AP

Suid-Afrikaners gaan in die volgende paar maande en selfs jare nog die indirekte gevolge beleef van die vlaag van onluste wat die laaste paar dae deur die land getrek het.

Die onmiddellike gevolge sluit in lewensverlies, grootskaalse verwoesting van eiendom, ondernemings en infrastruktuur.

Die politieke onstabiliteit en onsekerheid wat daarmee gepaardgaan, lei tot hoë vlakke van spanning en angs by mense. Dit vergestalt in paniekaankope van onder meer brandstof en noodsaaklike kos, wat die situasie verder vererger. Talle winkels het reeds vandeesweek begin om beperkings te plaas op aankope en brandstof mag sedert gister ook nie meer by vulstasies in houers gekoop word nie.

Dis ’n natuurlike reaksie vir mense om in dié omstandighede voorsorg te tref om hul onmiddellike omgewing te versorg en te verskans.

Wat voorlê, is waarskynlik inderdaad kostekorte, maar ook tekorte aan medikasie, brandstof en ander noodsaaklikhede wat padlangs tussen Durban en die res van die land vervoer moet word.

Wat voorlê, is waarskynlik inderdaad kostekorte, maar ook tekorte aan medikasie, brandstof en ander noodsaaklikhede wat padlangs tussen Durban en die res van die land vervoer moet word.

Werkloosheid en armoede gaan verdiep, met derduisende werkgeleenthede wat weens misdadigheid en geweld verlore gegaan het en prysstygings wat in die vooruitsig is weens nypende tekorte.

Dit alles speel af te midde van ’n pandemie wat ’n reeds kwesbare ekonomie net verder geknou het. Beserings weens die geweld plaas druk op hospitale en gesondheidspersoneel wat al weke lank verbete veg teen die derde vlaag van die koronavirus Sars-CoV-2. Noodpersoneel kan weens lewensgevaar nie by kritieke siek pasiënte uitkom nie en kosbare mediese toerusting is vernietig.

Suid-Afrikaners gaan die gordel selfs verder moet intrek en hulle emosioneel moet staal vir wat in die volgende paar weke en maande voorlê. Gemeenskappe wat saamstaan en uitreik, skep reeds nuwe moed. Dit gaan wel ’n grootse spanpoging verg om die land weer op die been te kry.

Die versoeking is groot om in die omstandighede na binne te trek, maar wat uiteindelik nodig gaan wees, is ’n omvangryke uitreik en heropbou.

In ag genome die kollektiewe trauma en begryplike woede is dit genoeg om op klein skaal te begin. Solank ’n mens net iewers begin.

Meer oor:  Oproer  |  Onluste  |  Armoede  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.