Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Politici, bly stil en laat die syfers die waarheid vertel
Die landbou en die ontwikkeling van infrastruktuur is die belangrikste sleutels tot groei. Foto: Argief

Vanjaar, met sy konstante bombardement van Covid-19-syfers oor infeksies en die impak van die inperking, het die meeste Suid-Afrikaners dalk meer wiskunde gedoen as ooit op skool.

Mense wat samesweringsteorieë oor die pandemie ondersteun, herhaal die uitdrukking lies, damned lies and statistics gereeld. Die ironie is dat daar wel ’n element van waarheid in steek, soos alte­ duidelik blyk uit die histories aanvaarde manier waarop die groei in die bruto binnelandse produk (BBP) bereken word – op ’n geannualiseerde kwartaal-tot-kwartaal-grondslag, aangepas vir seisoenale skommelings. Die Covid-19-krisis – met hele­ bedrywe, soos kleinhandelaars, restaurante en hotelle, wat hul deure by tye heeltemal moes sluit of met streng perke kon oophou – het die tekortkominge van dié berekeningsmetode in ekonomiese krisisse blootgelê. Pas is bekend gemaak dat die BBP-groei vir die derde kwartaal 66,1% was nadat dit in die tweede kwartaal -51,7% was! Die realistiese syfer is die -6%-groei in die derde kwartaal vanjaar vergeleke met die derde kwartaal van 2019.

Dit is ook ’n goeie tyd om die sogenaamde oplossings vir ekonomiese groei en werkskepping te herbesoek. Dit sluit in dat landbou en die ontwikkeling van infrastruktuur die belangrikste sleutels tot groei is. Landbou verteenwoordig slegs 3% van die BBP, wat dit saam met konstruksie (ook 3%) die kleinste bedrywe maak. Selfs al sou landbou en konstruksie hul rol in die ekonomie kon verdubbel, sou hulle steeds ’n “klein” totale bydrae lewer. Die rol van landbou, en van konstruksie, word hoegenaamd nie geringgeskat nie. Boere is onmisbaar, letterlik om honger af te weer, en die konstruksie van infrastruktuur is ’n bemiddelaar tot ander ekonomiese bedrywighede. Word onrealistiese verwagtinge nie geskep nie?

Waarom nie groter klem plaas op handel, vervaardiging of selfs die mynbou – sektore wat ’n veel groter bydrae tot die BBP lewer en waar groei vinniger in werkskepping omgeskakel kan word – nie? Of is dit omdat landbou so polities gelaai is (dink onteiening sonder vergoeding), terwyl ander sektore nie sulke lekker slagspreuke kan oplewer nie? Die ekonomie sal voordeel trek as die staat sy rol verklein – en politici ’n slag stilbly.

Meer oor:  Menings  |  Kommentaar  |  Landbou  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.