Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Cyril moet mooi dink oor Mkhize
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, wat Dinsdag op spesiale verlof geplaas is. Foto: Gallo Images

Die besluit van pres. Cyril Ramaphosa om dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, op spesiale verlof te plaas, is hopelik net ’n eerste stap om agter die kap van die byl met die Digital Vibes-tender te kom.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het reeds bevestig beweerde ongerymdhede met tenders vir persoonlike beskermende toerusting word ondersoek. As Mkhize aangekla word, sou hy ingevolge die beleid wat tans toegepas word op ANC-lede soos Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal, moes opsy staan. En terwyl inligting en bewyse oor die tender steeds vergader word, moet Ramaphosa egter weet dat hy persoonlik geen steen aangeroer kan laat nie om die volle waarheid te bepaal wat betref die bewerings oor Mkhize.

Soos dié koerant al uitgewys het, sal hy genadeloos moet optree as daar wel korrupsie of selfs net botsende belange was. Nie die SOE of Ramaphosa self kan bekostig om die indruk te wek dat hulle voete sleep oor die kwessie nie. Wat betref die SOE (en ook die nasionale vervolgingsgesag) is die kamp van oudpres. Jacob Zuma en Magashule, maar alte gretig om te wys dat die wetstoepassingsinstellings met politieke motiewe bedryf word.

Hulle wil die ganse regsproses teen hulle onder verdenking bring en dit sal hulle baie skietgoed gee as die wetstoepassers iemand in die Ramaphosa-kamp met sagte handskoentjies behandel.

Hulle wil die ganse regsproses teen hulle onder verdenking bring en dit sal hulle baie skietgoed gee as die wetstoepassers iemand in die Ramaphosa-kamp met sagte handskoentjies behandel. Intussen is dit ook deel van Ramaphosa en sy groep hervormers se politieke strategie om te kenne te gee dat baie van Suid-Afrika se huidige probleme toe te skryf is aan die era van staatskaping en die “nege verlore jare” onder Zuma. Dis uiteraard ingewikkelder as dít, maar die president gaan – veral in die aanloop tot die verkiesing – ’n probleem hê om kiesers daarvan te oortuig dat hy en sy span ernstig is oor die regruk van die ANC, wanbestuur en korrupsie as hy hier ’n voet verkeerd sit.

Dus nogmaals: Kry vinnig al die feite en tree beslissend op. As Ramaphosa verwag Suid-Afrika moet hom glo dat hy ernstig is oor die uitroei van korrupsie, kan hy nie een van sy kabinetslede sagter behandel as sy politieke vyande in die ANC nie.

Die reg moet natuurlik sy beloop neem – daarby kan Ramaphosa nie inmeng nie. Wat hy wel kan en moet doen, is om die politieke risiko van Mkhize in sy kabinet deeglik te oorweeg.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Zweli Mkhize  |  Hoofartikel  |  Risiko  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.