Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Relatief stabiele wêreldsituasie kan maklik uitrafel
Pres. Wladimir Poetin van Rusland. Foto: Bloomberg

Met die jaar 2020 wat vlak voor die mensdom lê, sou dit verkieslik wees om te konstateer dat dit, ondanks probleme, basies goed met die wêreld gaan.

In bepaalde opsigte ís dit wel so.

Globaal groei die ekonomie en die welvaart, veral in geslaagde lande waar ’n verstandige ekonomiese beleid gevoer word. Geen globale oorlog dreig nie.

Tog is daar ’n oorvloed onrusbarende tekens wat wys dat, as sake nie rasioneel bestuur word nie, die tans relatief stabiele wêreldsituasie kan uit­rafel.

In die Midde-Ooste bedreig Iran se najaag van kernwapens, die voortslepende burgeroorlog in Sirië, die herstel van die terreurgroep die Islamitiese Staat en die eiesinnigheid van pres. Recep Tayyip Erdogan, die Turkse leier, dié wêrelddeel se toekoms.

Die Midde-Ooste se onstabiliteit word voorts na die (nog) stabiele Europa in die vorm van vlugtelinge en terrorisme uitgevoer.

Op die Europese flank gebruik pres. Wladimir Poetin sy elmboë in sy strewe om van Rusland ’n gevreesde groot moondheid te maak.

In reaksie daarop swenk die Europese kiesers, sy dit in beperkte mate, na regse populiste, wat op hul beurt ook ’n bedreiging vir stabiliteit vorm.

Op die Europese flank gebruik pres. Wladimir Poetin sy elmboë in sy strewe om van Rusland ’n gevreesde groot moondheid te maak.

Hy sorg vir fladderende harte in Navo se hoofstede.

Verder oos roer China eweneens sy stert. Die land is besig met ’n ekonomiese en militêre – en dus politieke – opmars wat skrik vir niks en wat Amerika se status as enigste supermoondheid binne enkele jare kan uitdaag.

Intussen bly Amerika teen baie se beterwete die belangrikste potensiële stabiliserende faktor in die wêreld.

Dit wil sê, mits die bewoner van die Withuis insien dat sy land se belange gedien word deur die breër wêreldgemeenskap se belange te dien en stabiliteit te bevorder.

Helaas blyk dit dat pres. Donald Trump se leuse, “Amerika eerste”, in die praktyk neerkom op “Amerika alleen”.

Waarmee hy tot dusver, netto gesproke, tot die agteruitgang in die globale stabiliteit bygedra het.

Daar is meer as genoeg rede om 2020 met kommer dop te hou.

Meer oor:  Wladimir Poetin  |  Hoofartikel  |  Politiek  |  Dekade  |  Oorlog  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.