Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Volhoubare Landbank nodig
Foto: Argief

Die skuldkrisis by die Landbank is tekenend van die wanbestuur van ons openbare ondernemings en voorspel niks goeds vir grondhervorming in Suid-Afrika nie.

Een van die grootste probleme van opkomende boere is juis toegang tot ontwikkelingskapitaal, onder meer weens wanbestuur by die Landbank.

Eweneens is boerdery-omstandighede om verskillende redes taai en gevestigde boere het ook finansiële hulp nodig om te oorleef.

’n Peiling van Agri SA vroeër vanjaar het getoon net sowat 26% van boere wat vir die produksieseisoen by die Landbank om lenings aansoek gedoen het, was suksesvol.

Van die 74% wie se aansoeke afgekeur is, het 49% elders lenings gekry, maar die res kon nie regkom nie. Die Landbank hou boonop 29% van die land se totale landbouskuld van sowat R168 miljard, maar daar is tekens dat hy meer afhanklik van die regering se reddingspakkette word.

Dit is teen dié agtergrond tyd dat die regering grondliggende aandag en ’n deurdagte respons gee op Agri SA, wat nou al lank hard werk om rolspelers te betrek – handelsbanke, die departement van landbou en die tesourie – by die moontlike stigting van ’n private, volhoubare landboubank.

Om ’n krisis met landboufinansiering te voorkom wat ook voedselsekerheid sal bedreig, bepleit Agri SA onder meer ’n openbare-private-vennootskap

Om ’n krisis met landboufinansiering te voorkom wat ook voedselsekerheid sal bedreig, bepleit Agri SA onder meer ’n openbare-private-vennootskap wat die volhoubaarheid van die Landbank op lang termyn sal verseker. Dis ’n goeie punt, want die finansiering van opkomende boere en kommersiële boere is ewe belangrik, maar elkeen vereis ’n unieke finansieringsmodel.

Dit is duidelik dat die Landbank en sy toesig­houers by die tesourie eenvoudig nie rats genoeg is om aan hierdie eise te voldoen nie.

Thoko Didiza, minister van landbou, het in Desember ’n konsepdokument oor ’n finansieringskema vir opkomende boere goedgekeur. Luidens die dokument behels dit ’n kombinasie van staatstoelaes en lenings deur private finansiële instellings. Dié hulpbronne sal gebruik word vir beleggings wat landbouproduksie, infrastruktuur en grondverkryging vir swart boere bevorder.

Dis alles goed en wel, maar wat van institusionele steun aan kommersiële boere? Maak gebruik van die kundigheid wat Agri SA aanbied en ruk wanbestuur by die Landbank reg.

Meer oor:  Landbou  |  Agri Sa  |  Landbank  |  Hoofartikel  |  Wanbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.