SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: #SterkerSaam – op alle vlakke

Vir ’n welgeluksalige uur of wat kon Suid-Afrikaners Maandagmiddag ’n wyle vergeet van alles wat meebring dat ons volgens die Wêreld-geluksindeks ’n baie ongelukkige nasie is.

Met die slagspreuk #StrongerTogether is die Springbok-span wat in September in Japan om die Webb Ellis-trofee gaan meeding op ’n vrolike, spoggerige geleentheid aangekondig.

Maandag is ons aan die ontwykende ideale van 1994 herinner toe Rassie Erasmus sy span van 31 breëborslede bekend gestel het.

Dit is die verteenwoordigendste span van die reën­boognasie tot nog toe wat in die WB-veld gestoot is. Boonop sal selfs die grootste nee-broer nie kan ontken dat enige speler sy plek deur en deur op grond van bewese prestasies in die huidige rugbyseisoen verdien het nie.

Maandag is ons aan die ontwykende ideale van 1994 herinner toe Rassie Erasmus sy span van 31 breëborslede bekend gestel het.

Insiggewend het Siya Kolisi, die eerste swart WB-kaptein met die ikoniese nr. 6-trui wat voorheen deur Francois Pienaar (en oudpres. Nelson Mandela) gedra is, die grootste toejuiging ontlok.

Voor hul sege in die Rugbykampioenskap het die Bokke maer jare beleef. Hulle sal ook die spook moet verjaag van hul vernedering deur vanjaar se gasheerland in die vorige WB-toernooi. (Hul opwarmingswedstryd is juis teen Japan).

Veel meer as rugby is weer vanjaar op die spel. Durf ’n mens droom dat Suid-Afrikaners, of die Bokke wen of verloor, mekaar vanjaar weer sal omarm soos ná die roemryke seges in 1995 en 2007 of toe die nasie in 2010 die trotse gasheer van die Wêreldbeker-sokkertoernooi was?

Kan die WB-toernooi die vonk wees wat die droom van nasiebou weer sal laat vlam vat?

Net as ons doelbewus besluit om saam te staan – ter ondersteuning van die Bokke, maar ook sodat ons uit die as kan opstaan van ’n land wat deur verdeel-en-heerspolitiek en korrupsie vernietig is.

Saam is ons sterker – op alle vlakke van die samelewing.

Meer oor:  Siya Kolisi  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.