Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Beeld sê: Twee belangrike skuiwe vir SA, maar ...
sal
Gidon Novick, uitvoerende hoof van Takatso.

En toe eensklaps, binne een week, maak die regering twee belangrike skuiwe wat ten minste die potensiaal het om ’n groot hupstoot vir broodnodige ekonomiese groei te wees.

Die verhoging van private kragopwekking van 1 megawatt (MW) tot 100 MW – nadat Gwede Mantashe, strompelende minister van minerale en energie, op 10 MW vasgeskop en die private sektor, ook Eskom, vir 50 MW gesmeek het – is ’n groot stap. Dit breek die sosialistiese yster-lendegordel van sentrale staatsbeheer oor broodnodige energie-stabiliteit. Dit omdat dit die druk op Eskom se infrastruktuur drasties kan verlig.

Dit kan nie net toevallig wees dat daar skaars ’n dag later nog ’n heilige koei in die ANC geslag is nie: ’n Private konsortium kry ’n meerderheidsaandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Gidon Novick, ’n hoog aangeskrewe uitvoerende hoof, word op meriete aangestel.

Die hoop beskaam nie dat pres. Cyril Ramaphosa uiteindelik voel hy het genoeg mag gekonsolideer om aan die gang te kom met sinvolle stappe om die land op ’n wenpad te plaas.

Die hoop beskaam nie dat pres. Cyril Ramaphosa uiteindelik voel hy het genoeg mag gekonsolideer om aan die gang te kom met sinvolle stappe om die land op ’n wenpad te plaas.

Dit is in ooreenstemming met wat hy in die aanvanklike Ramaforie-dae belowe het. Maar gou-gou het dit geblyk die Staliniste (met erkenning aan Tito Mboweni, minister van finansies), diewe (met erkenning aan Busisiwe Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership SA) en selfs “barbare” (met erkenning aan Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank), was nie gediend daarmee nie. Ook nie die vakbondwese nie wat internasionale wenners is in beskikbare statistieke vir onproduktiwiteit.

Die standpunt is egter hier telkens herhaal dat die land nie ’n duur lugdiens nodig het nie. Dit kon netsowel geskrap of in sy geheel geprivatiseer gewees het. Maar die politieke werklikhede maak ’n kompromis oor eienaarskap en sigbare swart bemagtiging real-politiek. Dit is min of meer die beste wat ons nou gaan kry.

Of die twee belangrike skuiwe die nodige dividende van groei, stabiliteit en gevolglik werkgeleenthede gaan lewer, gaan afhang of daar vinnig en sonder nuwe vlae van rompslomp opgetree word. Ook sal enige rokie van korrupsie, wat reeds oor die nuwe SAL-konsortium hang, opgeklaar moet word. Indien wel, is dit dalk tog die nuwe daeraad wat aanbreek.

Meer oor:  Sal  |  Eskom  |  Gidon Novick  |  Hoofartikel  |  Ekonomie  |  Anc-Skuiwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.