Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Verlore miljarde kon armoede keer
Risenga Maluleke, statistikus-generaal. Foto: Morapedi Mashashe

Net in Suid-Afrika, wil ’n mens uitroep oor die skreiende ironie dat daar – volgens Risenga Maluleke, statistikus-generaal – weens ’n gebrek aan geld nie statistieke vir armoedevlakke ná 2015 bestaan nie.

Die armoede-indeks en -lyne tot met 2015 wat hy verlede week aan die Nasionale Raad van Provinsies voorgehou het, verras nie. Die strekking is dat armoede tóé in alle provinsies, behalwe Mpumalanga en die Noord-Kaap, toegeneem het.

Oor hoeveel te meer dit die geval is ná Covid-19 en die staat van inperking se verwoestende effek op die ekonomie, moet bespiegel word. Daar is nie amptelike statistieke nie. Na berig word, raam onderskeie organisasies wel 2 miljoen tot 3 miljoen mense is hul werk kwyt.

Dit bring ander verwikkelinge ter sprake.

Eerstens, pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan met werkskepping as ’n fokusgebied. Volgens die staatshoof word die skep van honderdduisende werkgeleenthede beoog.

Hoeveel miljarde in die stormloop vir kontrakte, onder meer vir beskermende toerusting, ten tyde van die inperking volgens die staatskaping­model gebuit is, bly onduidelik.

Uiteraard is die inisiatief welkom, as dit net deurgevoer word. Die aanvullende staatstoelaag van R350 per maand vul dalk honger mae, maar is onvolhoubaar en skep ’n welsynstaat wat op sigself ’n onvoedbare bodemlose put is.

’n Ander saak is nóg ’n belofte van die regering dat die stryd ook teen Covid-19-tenderkorrupsie stukrag kry. Bandile Masuku, voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, en Khusela Diko, Ramaphosa se geskorste woordvoerder, se verwysing na die ANC se Gautengse tugkomitee is ter sprake.

Hoeveel miljarde in die stormloop vir kontrakte, onder meer vir beskermende toerusting, ten tyde van die inperking volgens die staatskaping­model gebuit is, bly onduidelik. Ook is nog nie deurgedring tot die diepgang van Covid-19-korrupsie op nasionale, provinsiale en munisipale vlak nie.

Statistieke daaroor sou ook welkom wees, maar helaas. Suid-Afrika weet wel waar staatsgeld te ase is, ook ten koste van arm mense, ontaard dit in ’n verorberingsfees vir ANC-kaders in hoë poste.

Hopelik bereik die herwonne R3,5 miljard waarmee die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19-Ters-skema ingeloop is, tog die regte mense.

Die punt is dat die gesteelde miljarde eintlik benut moes word om armoede ’n knou te gee. En dalk het ’n bietjie vir armoedestatistieke oorgebly.

Meer oor:  Risenga Maluleke  |  Armmoede  |  Hoofartikel  |  Koronavirus  |  Opheffing  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.