Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Volg regte proses met Hlophe
John Hlophe, Wes-Kaapse regter-president. Foto: Mary-Ann Palmer

Dit is verdoemende bevindings teen regter John Hlophe, regter-president van die Wes-Kaap, deur die regterlike tribunaal, wat hom aan growwe wangedrag skuldig bevind het.

Eise het opgeklink dat hy uit sy amp verwyder word, maar dit is belangrik dat die regte prosedure ingevolge die Grondwet gevolg word. Art. 177 bepaal ’n regter kan deur die Nasionale Vergadering (NV) in ’n staat van beskuldiging geplaas word as die Regterlike Dienskommissie (RDK) bepaal dat hy aan onder meer growwe wangedrag skuldig is. Eers as minstens twee derdes van LP’s in die NV ten gunste van ’n mosie stem om Hlophe die trekpas te gee, sal hy permanent uit sy amp verwyder kan word.

Ingevolge art. 177 mag die president ook ’n regter op aanbeveling van die RDK hangende dié proses skors.

Al is die bevindings teen Hlophe hoe ernstig, bly die pos van regter so kardinaal dat daar nie ’n presedent geskep moet word wat dit te maklik maak om regters uit hul pos te verwyder nie. Wat wel waar is, is dat Hlophe, in ag genome die erns van die bevindings, uit eie beweging behoort te bedank.

Die tribunaal het bevind dat Hlophe regters Bess Nkabinde en Chris Jafta van die konstitusionele hof onregmatig probeer beïnvloed het om sake in oudpres. Jacob Zuma se guns te laat swaai.

Die tribunaal het in ’n verslag bevind dat Hlophe regters Bess Nkabinde en Chris Jafta van die konstitusionele hof onregmatig probeer beïnvloed het om sake in oudpres. Jacob Zuma se guns te laat swaai. Daar is onder meer bevind dat Hlophe met sy optrede art. 165 van die Grondwet, asook sy ampseed, oortree het.

“Sy optrede het ook die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die konstitusionele hof bedreig en daarin ingemeng,” lui die verslag onder meer.

Die bevindings is ook ’n aansienlike verleentheid vir die Black Lawyers’ Association (BLA), wat deurgaans en suiwer op grond van rassolidariteit bankvas agter Hlophe gestaan het.

Rassolidariteit word vir sommige mense belangriker as beginsels.

Opvallend is dat die BLA nie soseer argumente ten gunste van Hlophe aangedra het nie, maar wel probeer het om sy aanvallers verdag te maak.

Swart staan weliswaar nie gelyk aan onbekwaam of bekwaam nie. Onbekwaam staan wel gelyk aan ongeskik – en dit moet gesê word, ongeag die velkleur van die betrokkene.

Meer oor:  John Hlophe  |  Zondo-Kommissie  |  Getuienis  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.