Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Vordering teen korrupsie is goeie nuus

Dit is goeie nuus dat die Staatsdienskommissie (SDK) vordering kan toon in die uitrook van en optrede teen korrupte staatsamptenare. Dit sluit in dat 1 500 senior amptenare onlangs by die polisie aangekla is omdat hulle onwettig sake met die staat doen.

Sedert 2004 is 23 198 gevalle van beweerde korrupsie by die nasionale teenkorrupsie-inbellyn aangemeld. Dit spruit voort uit besorgde Suid-Afrikaners en kollegas van die oortreders wat die moeite doen om dit aan te meld. Dit is lofwaardige gedrag, veral omdat die SDK aandui waar fluitjieblasers bekend word, word hulle geviktimiseer.

Onlangse berigte dat tot 40 000 amptenare onregmatig Covid-19-toelae probeer eis het, wys dat daar nog heelwat ongewenste elemente in die openbare sektor is. Ongelukkig gebeur dit ook meermale dat mense van vergrype weet, maar eerder anderpad kyk.

Dit sal Suid-Afrikaners loon om toenemend onverdraagsaam te wees teenoor korrupsie – klein of groot.

Dit sal Suid-Afrikaners loon om toenemend onverdraagsaam te wees teenoor korrupsie – klein of groot. En dit te onthul. Ook in die private sektor, waar werknemers byvoorbeeld weet hul maatskappy doen onwettig sake met amptenare. Maak gebruik van anonieme inbellyne van die staat en die private sektor en onthul dit.

Intussen sal die regering dringend as deel van die stryd teen korrupsie na maniere moet kyk hoe fluitjieblasers beskerm word. Hul identiteit moet beskerm word en waar dit wel bekend word, moet hulle as ’n prioriteit beskerm word. En teen intimideerders moet ook streng opgetree word.

Die gemors in die staatsdiens is grootliks die gevolg van die ANC se kaderontplooiing en die skep van stemvee sonder enige produktiwiteit. Dit het ’n direkte impak op die lewe van Suid-Afrikaners. Hoewel hulle toenemend self inspring om sekere take te verrig, is ’n goed funksionerende staatsdiens steeds van kritieke belang en iets waarvoor Jan en alleman duur betaal.

Lede van die publiek kan ook ’n groot rol speel deur sake teen korruptes by die polisie aanhangig te maak, dit onder die aandag van korrupsiewaghonde in die burgerlike samelewing te bring en die media daaroor in te lig. Ook belangrik is om te help monitor hoe sulke sake vorder.

Meer oor:  Korrupsie  |  Staatsampetenare  |  Kaderontplooiing  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.