Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger, Beeld en Volksblad sê: Wat presies skort met inentingsplan?
Foto ter illustrasie

Suid-Afrika se Covid-19-inentingsprogram val iewers vas. Die regering se teikens en spertye verander voortdurend en kommunikasie oor die saak word gekenmerk deur interne weersprekings uit owerheidskringe.

Die tempo waarteen mense ingeënt word, strook nie met enige van die doelwitte wat die regering vroeg vanjaar aangekondig het nie. Maandag het die departement van gesondheid gespog dat 272 438 gesondheidswerkers as deel van ’n eerste fase in­geënt is. ’n Dag later kondig dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, aan dat die program waarvolgens inenting in drie fases sou geskied, “aangepas” word na aanleiding van “lesse wat geleer is”. Sonder om enige verdere besonderhede beskikbaar te maak, maar met die onderneming van ’n openbare konsultasieproses oor die “hersiene strategie”.

En Suid-Afrika raak al hoe verder agter, met selfs Zimbabwe wat sy burgers vinniger inent as wat plaaslik die geval is.

Dat daar iewers ’n skroef los is, is duidelik. Of dit burokratiese rompslomp, blote onbeholpenheid of ’n logistieke probleem is wat eenvoudig te groot is vir die regering om te hanteer, is onduidelik. Dit verklaar waarom die DA wil hê die Menseregtekommissie (MRK) moet die “misdadig stadige” inenting van Suid-Afrikaners ondersoek.

Intussen hervat sake elders ter wêreld stadig maar seker, maar toenemend onderhewig aan bewyse van inenting. Dit sluit in Covid-19-paspoorte vir reise en inentingsertifikate vir die terugkeer na universiteitskampusse. En Suid-Afrika raak al hoe verder agter, met selfs Zimbabwe wat sy burgers vinniger inent as wat plaaslik die geval is.

Dis te verwelkom dat die private sektor, soos die mediese fonds Discovery, sélf begin met planne vir inentings. Maar dit help nie arm, weerlose mense wat uitgelewer is aan staatshulp nie.

Die regering het ongelukkig ’n swak reputasie vir dienslewering. Terselfdertyd knaag die idee dat die pandemie ’n gerieflike verskoning is om Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in werking te stel. Mkhize het juis gister, op Wêreldgesondheidsdag, gesê Covid-19 beklemtoon die belangrikheid vir die instelling van NGV.

Die reg op gesondheidsorg word in ons Grondwet verskans. Dis tyd dat die regering oop kaarte speel oor inentings, ’n realistiese plan in werking stel en hulp van die private sektor aanvaar om Suid-Afrikaners ingeënt te kry.

Meer oor:  Hulp  |  Inentingsprogram  |  Pandemie  |  Inentings  |  Inspuit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.