Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Ace se lasbrief van groot belang vir toekomshoop
Ace Magashule
Ace Magashule

Die lasbrief vir inhegtenisneming wat vir Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, uitgereik is, is ’n groot oomblik vir Suid-Afrika. Bloot die uitreiking daarvan bied stukrag vir diegene wat meen daar is nog toekomshoop vir die land.

Magashule gaan voor die hof gedaag word weens sy beweerde aandeel in die R225 miljoen asbes-ouditskandaal in die Vrystaat. Dit was een van die kroonjuweelprojekte van staatskaping waardeur die staatkas gestroop is tot selfverryking van die betrokkenes.

In oudpres. Jacob Zuma se ampstermyn het Magashule vinnig opgang gemaak as ’n sleutelfiguur in die omskakeling van die ANC na ’n grootliks misdaadorganisasie – “beskuldigde nommer een” soos pres. Cyril Ramaphosa dit bewoord het. Geld, wat geoormerk is “vir ’n beter lewe vir almal”, is bykans openlik gesteel. En dienslewering het gevolglik skouspelagtig in duie gestort.

Pogings deur Ramaphosa om oorlog te verklaar teen korrupsie – ook in die ANC – is openlik deur Magashule en sy meelopers teengestaan.

Pogings deur Ramaphosa om oorlog te verklaar teen korrupsie – ook in die ANC – is openlik deur Magashule en sy meelopers teengestaan. Hulle het persone, oor wie daar ’n wolk van omstredenheid hang, bly beskerm en kon geen fout sien dat staatskontrakte beskikbaar is vir ANC-kamerade in openbare poste nie.

Alhoewel hy waarskynlik nie te bly in die openbaar gaan lyk nie, is die lasbrief ook ’n groot oomblik vir die einste Ramaphosa en sy ondersteuners in die ANC. Vanaf die dag wat hy by Nasrec as ANC-president verkies is, is daar ’n volskaalse ondermyningsveldtog teen hulle almal vanuit die Magashule-kamp gevoer. Enersyds kan aangevoer word Ramaphosa se belangrikste politieke teenstander word uit die pad gehaal, maar dit is ’n belangrike oorwinning vir sy poging om Suid-Afrika as ’n staat met integriteit te hervestig. Sy werk om ’n onafhanklike vervolgingsgesag te vestig, werp nou vrugte af. Die gesag, in al sy vertakkings, verdien ook lof.

Die ANC sal – indien daar nog enige greintjie selfrespek in die organisasie oor is – vinnig beweeg om Magashule uit sy pos te verwyder. Beeld se susterpublikasie Volksblad se hoofartikel verskyn vandag onder die opskrif “Vrystaat marsjeer én vier saam ná Magashule-nuus”.

Suid-Afrika ook.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Korrupsie  |  Toekoms  |  Hoofartikel  |  Lasbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.