Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Bot reaksie dryf die drankbedryf na die howe
Van Loveren. Foto ter illustrasie deur : Chrislene Retief

Die regering se versuim om grondig te reageer op alternatiewe voorstelle van die Wes-Kaapse wynbedryf en die breër drankbedryf boesem nie vertroue in nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het van die begin van die inperking reeds die onderneming gegee dat die bevelsraad en die regering voortdurend oorleg sal pleeg met rolspelers, belangegroepe en bedrywe.

Daar is min daarvan te sien en die regstreekse gevolg is hofsake teen die regering om die drankverbod te laat vaar.

Die SAB het verlede week reeds aanvullende stukke by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien waar die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) en die glasvervaardiger Consol tot die saak toegetree het. Ook Vinpro het gister aangekondig dat hy namens die wynbedryf die Kaapse hooggeregshof nader om die drankverbod met onmiddellike ingang tersyde te stel.

Vinpro raam dat die verbod op die plaaslike verkope van wyn (altesame 19 weke sedert Maart 2020) verantwoordelik is vir ’n verlies van meer as R8 miljard in direkte verkope.

Vinpro raam dat die verbod op die plaaslike verkope van wyn (altesame 19 weke sedert Maart 2020) verantwoordelik is vir ’n verlies van meer as R8 miljard in direkte verkope, die moontlike sluiting van kelders en ’n verlies van produsente, asook 27 000 werkgeleenthede.

Dis één bedryf, maar die rimpeleffek daarvan in die Wes-Kaapse en nasionale ekonomie – ook wat betref plaaslike en internasionale wyntoerisme – kan uiteindelik enorm wees.

Al hoe meer bewyse stroom in dat die regering eenvoudig ratser te werk moet gaan en sy inperkingsregulasies fyner kalibreer. Terwyl daar begrip is vir die noodsaak om menselewens te red, is dit so dat ekonomiese oorwegings ook tel, want armoede eis ook lewens.

In die lig daarvan is dit onverantwoordelik van die regering om die voorstelle van die drank- en wynbedryf nie ernstig te oorweeg nie. Daar is reeds met voorstelle gekom oor “kanale met ’n lae risiko” soos aanlyn verkope, verkope deur kruidenierswaregroepe, die beperking van volume en beheer oor handelstye. Eweneens het die breër drankbedryf ’n verskeidenheid sinvolle voorstelle gemaak oor hoe verkope op só ’n manier voortgesit kan word dat alkoholmisbruik nie lei tot beserings wat onnodiglik hospitaalbeddens beset nie.

In die afwesigheid van ’n grondige respons is die saak nou tereg in die hande van ons howe.

Meer oor:  Sab  |  Verlies  |  Wynverkope  |  Drankverbod  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.