Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Met JZ in veldtog, is stem vir ANC ook stem vir hom
Jacob Zuma
Oudpres. Jacob Zuma

Dit kan net ’n misdaadorganisasie wees wat in sy noppies daarmee is dat ’n misdaadverdagte by sy projekte betrokke is – soos oud.pres. Jacob Zuma wat nou vir die ANC in die plaaslike verkiesing gaan steun werf.

Net wanneer ’n mens dink dat verdere laagtepunte nie vir die ANC meer prakties moontlik is nie, word jy opnuut geskok. Die hoogs bedenklike aankondiging – in elk geval vir Suid-Afrikaners wat nog aan ’n erge vorm van slagoffersindroom weens staatskaping ly – ontbloot weer eens die gesplete persoonlikheid van die ANC. Wanneer etiese beginsels ter sprake is, druip die organisasie die toets elke keer.

Die ANC se deurlopende paaibeleid jeens Zuma kan nie anders nie as om erg verwarrend vir sy ondersteuners te wees. Enersyds word hoog opgegee oor die ANC se binnegeveg teen korrupte amps­draers, die oppergesag van die Grondwet en die besluit om aangeklaagde ampsdraers te skors. Andersyds word Zuma omhels. Dit terwyl hy die einste oppergesag op die mees brutale manier deur enig­iemand sedert 1994 uitdaag.

Dit blyk al hoe meer die staatskapers is aan die hardloop nie danksy enigiemand in die ANC nie, maar danksy die krag van die Grondwet, die r regbank, die media en burgerlike organisasies.

Dit blyk al hoe meer die staatskapers is aan die hardloop nie danksy enigiemand in die ANC nie, maar danksy die krag van die Grondwet, die ruggraat van die regbank, die media en burgerlike organisasies – om enkele elemente in die samelewing te noem. Dit gaan ook van die deursettingsvermoë van diegene – en elke besorgde Suid-Afrikaner – afhang of hulle uiteindelik verslaan word.

Indien Zuma ooit sover kom om met die veldtog te help, gaan enige stem vir die ANC noodwendig ook ’n stem vir hom wees. En tensy openlik anders verklaar, is elke ANC-ampsdraer en -lid dus steeds onlosmaaklik aan hom verbind. Hoe kan enige regdenkende ANC-lid verklaar: “Stem vir optrede teen korrupsie en die oppergesag van die Grondwet en die gebruik van staatsgeld vir dienste en kyk, kameraad Zuma steun ons veldtog”?

Intussen is daar natuurlik die moontlikheid dat hy nog voor die plaaslike verkiesing deur die konstitusionele hof tronk toe gestuur kan word – gaan hy dan geskors word, of vir die ANC in die tronk stemme werf?

Die situasie in die regerende party sou een groot grap kon gewees het as dit nie sulke vernietigende gevolge vir die land gehad het nie.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Verkiesing  |  Veldtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.