Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Eskom se verhaal ook dié van ander staatsentiteite
Eskom se Majuba-kragstasie in Mpumalanga. Foto: Argief

Die verslag wat aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) voorgelê is oor die omvang van bedrog en korrupsie by Eskom, bied ’n sonderlinge blik op die diep vlakke van verrotting in dié staatsbeheerde entiteit.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het aan Skoor gesê die mikpunt is om R8,8 miljard terug te kry wat weens korrupsie en bedrog by Eskom gesteel is.

Die voorvalle hou verband met omtrent elke moontlike skakel in die kragvoorsiener se waardeketting waar geld van hande verwissel kan word: van groot kontrakteurs tot gewone Eskom-werkers. Wat eersgenoemde betref, is selfs die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) betrokke. Wat laasgenoemde betref, is 5 523 werknemers verwys vir tugstappe weens onder meer belangebotsings.

Die prentjie wat geskets word, is een van ’n maatskappy wat van bo tot onder gestroop is, waar ’n organisatoriese kultuur van rampokkery ontwikkel het.

Die prentjie wat geskets word – verder ondersteun deur onlangse getuienis voor die Zondo-kommissie – is een van ’n maatskappy wat van bo tot onder gestroop is, waar ’n organisatoriese kultuur van rampokkery ontwikkel het. En waar mense nie aangestel is weens hul vaardighede nie, maar omdat hulle deur politieke verbintenisse met ’n pos by Eskom ook ’n staanplek aan die trog kon kry.

Dit is teen dié agtergrond dat ’n mens eers regtig begin besef hoeveel werk André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, en sy bestuurspan het. Dis nou bo en behalwe die uitvoer van Eskom se kernverantwoordelikheid: om die land se ligte aan te hou.

Dis bemoedigend dat die SOE hard werk om belastingbetalers se geld wat by Eskom gestroop is, terug te vind. ’n Mens kan tog nie help om met verbystering na die bedrag te kyk nie: R8,8 miljard. Dis geld wat gebruik kon word om skole te bou, werkskeppingsprogramme van stapel te stuur en infrastruktuur op te knap. Geld wat aangewend kon word om arm mense se lewenstandaard aansienlik te verbeter.

Maar selfs al word die laaste sent uiteindelik terug­gevind, is die groot vraag steeds hoe die regering die persepsie gaan verander dat die staatsdiens ’n plek is waar jy jouself ryk kan steel. Want die verhaal van Eskom is ook dié van ander staatsbeheerde entiteite, wat onder die Jacob Zuma-regime omskep is in kitsbanke vir staatskapers.

Meer oor:  Skoor  |  Eskom  |  Hoofartikel  |  Rampokkery  |  Staatsentiteite  |  Staatskaping  |  Bedrog  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.