Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Hoor ook nou die stem van landbou
Ter illustrasie Foto: Alet van der Walt

Te midde van die Covid-19-pandemie het die kwessie van grondhervorming ietwat op die agtergrond geskuif, maar die debat om die saak van onteiening sonder vergoeding is besig om weer in die kollig te kom.

Laat ons nie vergeet waar ons die saak laas gelaat het nie. Pres. Cyril Ramaphosa het tot nog toe gerusstellend volgehou dat grondhervorming en onteiening nie mag plaasvind op ’n wyse wat ekonomiese groei of sekerheid in gedrang bring nie.

Daar is egter nog géén detail oor presies hoe dít vermag gaan word nie, terwyl die indruk steeds bestaan dat hy ANC-partysake nie behoorlik in bedwang het nie. En dís presies waar die knoop lê.

Ons wil baie graag Ramaphosa se versekerings aan die internasionale gemeenskap en Suid-Afrikaanse burgers oor grondhervorming volledig ter harte neem. Feit is egter dat hy in ’n fel stryd gewikkel is met die oorblywende agente van staatskaping, en in dié stadium is daar nog geen klinkklare aanduiding van wie gaan wen nie.

Kom ons wees reguit: As die RET-groep wen, is dit nag – ook wat grondhervorming betref.

Kom ons wees reguit: As die RET-groep wen, is dit nag – ook wat grondhervorming betref. Só beskou, hoop dié koerant Ramaphosa het ’n kritieke massa van steun om hom en langasem-vegters wat sy hande in hierdie stryd kan sterk. Dit gaan ’n uitgerekte en moeilike geveg wees.

Die geluk by die ongeluk is dat wysigings aan art. 25 van die Grondwet nie aangebring kan word sonder ’n tweederdemeerderheid nie. Terwyl sommige aanneem die EFF sal sy steun agter die ANC inwerp, is dit nog glad nie ’n uitgemaakte saak nie.

Die EFF eis immers die nasionalisering van grond sonder vergoeding sodat dit aan mense verhuur kan word. Dit is glad nie deel van die ANC se planne nie.

Nogmaals, as dít die geval gaan wees, is dit belangrik dat Ramaphosa se hande van die middelgrond gesterk word. Ewe nodig – en hopelik besef Ramaphosa dit – is dat ons boere se hande gesterk word. In soveel gesprekke om grond is die doelpale al telkemale verskuif. Soveel miljarde rande is verspil, soveel hoopvolle gesprekke met die ANC en regering het op niks uitgeloop nie.

Daarom, pres. Ramaphosa: “Stuur my” is die boodskap wat gestuur en gehoor is deur georganiseerde landbou. Dis duidelik die landbou stuur ook ’n boodskap: “Hóór ons nou, asseblief.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.