Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Hou aan water spaar, al lyk damvlakke beter
damvlakke
Die Bergrivierdam buite Franschhoek. Foto: Jaco Marais

Met die goeie reënseisoen wat groot gedeeltes van die Wes-Kaap beleef het en damvlakke wat relatief goed lyk, kan mense allermins bekostig om hul besparingsingesteldheid te verslap. Dit is nóú juis die tyd om vir die volgende droë periode te bespaar.

Veral as jy in ag neem dat Suid-Afrika een van die 30 droogste lande ter wêreld is, moes dit lankal deel van ons leefwyse gewees het. Klimaatsverandering en bevolkingsgroei beteken boonop dat droogtes in die toekoms meer gereeld, langer en die effek daarvan meer intens sal wees.

Dis ’n landwye verskynsel. Die knellende droogte wat die sentrale binneland in 2016 geteister het, asook die Wes-Kaap en Nelson Mandelabaai wat daarna tot droogterampgebiede verklaar is, moet die belang van twee sake opnuut tuisbring.

Eerstens: Juis omdat reënval toenemend onvoorspelbaar is, is dit elkeen se plig om spaarsaam met water te werk. Nie net wanneer waterbeperkings van krag is nie – dit moet ’n leefwyse word.

Tweedens: Aan owerheidskant is deeglike beplanning om dieselfde rede uiters belangrik. ’n Groot prioriteit in dié beplanning moet die land en plaaslike owerhede se kwynende waterinfrastruktuur wees.

Onderbrekings in die voorsiening van water duik met toenemende reëlmaat op en is ’n aanduiding van die gebrekkige vermoë op plaaslike vlak.

Onderbrekings in die voorsiening van water duik met toenemende reëlmaat op en is ’n aanduiding van die gebrekkige vermoë op plaaslike vlak.

Ook op nasionale regeringsvlak heers ’n ernstige gebrek aan deurdagte langtermyn-instandhouding, wat veroorsaak dat enorme hoeveelhede kosbare water verlore gaan. Die Eskom-krisis was juis ’n goeie voorbeeld van waar kenners ook jare voor die krisis gewaarsku het dat voorsieningsvermoë en infrastruktuur uitgebrei moet word. Met water is ons nou in dieselfde verknorsing.

Soos wat ’n onlangse ondersoek van Die Burger en Netwerk24 getoon het, is ons waterinfrastruktuur in ’n ernstige krisis met ministers soos Nomvula Mokonyane wat op groot skaal drooggemaak het in dié portefeulje. Lindiwe Sisulu lyk of sy planne het om sake reg te ruk, maar die uitdagings is enorm.

Nogmaals: Die tyd dat ons – landsburgers en amptenare – in Suid-Afrika kan optree asof ons in ’n waterryk land leef, is vir altyd verby. Onderskat die erns hiervan op eie risiko.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.