Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Beeld sê: Staatskapers se beweegruimte al hoe minder
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC.

Uitlatings deur adjunkhoofregter Raymond Zondo en die verslag deur die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, oor die Estina-suiwelprojek, het vermeende staatskapers se beweegruimte nog minder gemaak. Veral oud.pres. Jacob Zuma en Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, moet die druk nou meer as ooit begin voel.

“Dit is belangrik dat Zuma weer (voor die Zondo-kommissie) moet verskyn. Die kommissie sal graag ’n reeks vrae aan hom wil stel,” het Zondo op ’n mediakonferensie volgehou. Hy betwis ook Zuma se uitgangspunt dat die getuienis voor die kommissie niks met hom te make het nie.

Zuma het homself reeds hard teen Zondo vasgeloop deur te dink hy kan maak soos hy wil deur midde ’n sitting van die kommissie bloot sy goed vat en te loop. Hopelik sal Suid-Afrika nou in Januarie hoor hoe hy vrae beantwoord oor hoe die land se geldkas gekaap is ten tyde van sy ampstermyn.

Magashule het reeds luidkeels beswaar gemaak teen die OB se bevinding dat hy as destydse Vrystaatse premier onder meer onbehoorlik ingemeng het by die Estina-projek.

Magashule het reeds, soos te wagte, luidkeels beswaar gemaak teen die OB se bevinding dat hy as destydse Vrystaatse premier onder meer onbehoorlik ingemeng het by die Estina-projek. En dit met Mosebenzi Zwane, sy destydse LUR vir landbou, ook betrokke.

Dit sal interessant wees of hulle, soos vele ander, ook haar verslag in die hof gaan betwis. In die geval blyk dit wel dat sy kwessies ondersoek het wat binne haar bevoegdheid val.

Die jongste ontwikkelings rondom Zuma, Magashule en die ewe omstrede Zwane is te verwelkom. Dit gee verdere momentum aan die poging om nie net dié drie nie, maar ook ander vermeende staatskapers finaal vas te trek.

Die verslag is ook ’n verdere dwarsklap vir die ANC, wat reeds bitter min geloofwaardigheid oor het in sy geveg teen korrupsie. Dat daar nog enige wil is om ’n hele dans van prosedure oor Magashule se noodsaaklike skorsing as sekretaris-generaal te hou, dui maar net weereens op die ANC se morele bankrotskap.

In soverre enige ANC-lid en ampsdraer hieroor swyg, geld die morele bankrotskap vir hulle ook. Minstens kan lede van die organisasie se integriteitskommissie hul kop hoog hou.

Hulle het reeds gewys waar hulle oor die kwessie staan. Besorgde ANC-lede behoort hul leiers en verteenwoordigers hieroor te konfronteer.

Meer oor:  Raymond Zondo  |  Hoofartikel  |  Staatskapers  |  Estina-Suiwelprojek  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.