Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: Amerika in die greep van ’n virus
’n Betoger met ’n gevandaliseerde Amerikaanse vlag neem deel aan ’n optog in Florida. Duisende Amerikaners het die week opgeruk om te betoog ná die dood van George Floyd. Foto: AP

Anders as die res van die wêreld, veg Amerika nie teen een virus nie, maar teen twee: die Covid-19-virus en rassisme.

Die aaklige dood van George Floyd, met ’n polisiebeampte (argeloos, met sy hande in sy broeksakke) se knie op sy keel, het ongekende rassewoede in die land ontketen.

Dié wit polisie­beampte is intussen in hegtenis geneem en van moord aangekla weens die swart man se dood. Drie van sy makkers wat gehelp het om Floyd vas te pen en toegekyk het terwyl hy sy laaste woorde – “Ek kry nie asem nie!” – geuiter het, is summier afgedank.

Dit het nou die slagspreuk geword van generasies Amerikaners wat breekpunt bereik het oor die sistemiese rassisme waaraan swart mense in die land onderwerp word.

Polisiebrutaliteit teenoor swart mense het ’n organisasiekultuur geword wat die werk en geloofwaardigheid van goeie polisie­beamptes ondermyn.

Polisiebrutaliteit teenoor swart mense het ’n organisasiekultuur geword wat die werk en geloofwaardigheid van goeie polisie­beamptes ondermyn.

Pres. Donald Trump het ’n verstommende gebrek aan empatie getoon terwyl meer as 100 000 Amerikaners gesterf het aan ’n respiratoriese siekte.

Pleks daarvan om uit te reik na naasbestaandes of meelewing te betoon met gesondheidswerkers, het hy begin om amptelike besoeke aan farmaseutiese maatskappye te gebruik as platform vir sy verkiesingsveldtog.

Terwyl dokters in Amerika pleit vir meer beskermende toerusting, word polisiebeamptes – tot die tande toe uitgerus met alles van pepersproei tot skokgranate – losgelaat op selfs vreedsame betogers. Dit kan ook nie onderskat word watter bydrae Trump se skerp aanvalle op die media speel in voorvalle waarin joernaliste wat die betogings dek, deur die polisie bygedam word nie.

Dat Trump toondoof is vir die redes waarom betogers die Withuis bestorm het, blyk verder uit die dreigemente wat hy met reëlmaat op Twitter uitstuur, en die ontplooiing van veiligheidsmagte teen gewone Amerikaners.

Beteken dit sy kans om herverkies te word in November is nou ’n nekslag toegedien? Moenie daarop reken nie.

Die krag van honderdduisende betogers wat “Ek kry nie asem nie!” skree, is nie noodwendig sterker as dié van twee of drie omstanders wat toekyk hoe ’n man versmoor nie.

Meer oor:  George Floyd  |  Koronavirus  |  Virus  |  Rassehaat  |  Rassisme  |  Hoofartikel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.