Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kommentaar
Die Burger en Volksblad sê: As waterbestuur vou, stort SA en ekonomie in duie
Sonsopkoms oor die Vaalrivier. Foto: Elise Tempelhoff

Die uurglas loop leeg vir die oplossing van Suid-Afrika se waterkrisisse.

Die gevreesde Dag Zero waarop stede en dorpe sonder water is, is op die drumpel – van Johannesburg af waar krane kan droogloop, in dorpe wat soms dae lank sonder water is, tot by Aliwal-Noord waar die Oranjerivier tot stilstand geruk het en honderdduisende mense as gevolg daarvan deur ’n ramp in die gesig gestaar word.

Met swak regering het die owerheid en sy munisipaliteite die leeueaandeel in die waterkri-sisse. Deur oor jare nie ag te slaan op voorafwaar-skuwings en kundige raad oor die land se water-bestuur en -infrastruktuur nie, is die dilemma lug gegee en het dit die heersende krisisafmetings aangeneem.

Nou rus die haas onmoontlike taak op die regering se skouers om sy jare lange versuim, brouwerk en mislukkings om te keer en reg te stel.

Nou rus die haas onmoontlike taak op die regering se skouers om sy jare lange versuim, brouwerk en mislukkings om te keer en reg te stel. Doen hy dit nie – én word dit nie hierdie keer rég gedoen nie – gaan hy skuldig staan aan ’n nasionale ramp.

Die tyd is verby vir ’n politieke gebrabbel waarin die klem grootliks gelê word op klimaatsverande-ring, droogte en noodsaaklike besparing deur ver-bruikers. Klimaatsverandering, droogte en water-skaarste is blywende werklikhede wat bestuur moet word, ja. Suid-Afrikaners móét meer water bespaar en daarvoor betaal, ja. Maar, die regering kan nie ’n dag langer daarvan wegskram dat die krisisse grootliks deur sy eie toedoen is nie.

Elke beskikbare rand gaan vorentoe 100% reg aangewend moet word.

Munisipaliteite kan nie langer toelaat dat soms tot die helfte of meer van gesuiwerde water verlore gaan as gevolg van infrastruktuur wat nie onder-hou en uitgebou word nie. Riviere kan nie langer met riool besoedel word as gevolg van swak infrastruktuur nie. En die regering en sy water-departement kan nie ’n dag langer miljoene rande verkwis op onsuksesvolle planne vir die bestuur en uitbou van die nasionale waternetwerk nie.

Elke beskikbare rand gaan vorentoe 100% reg aangewend moet word en kundiges, wat die heersende krisis reeds jare gelede sien kom en daarteen gewaarsku het, gaan betrek moet word om te help.

Want as waterbestuur en die waternetwerk totaal vou, stort Suid-Afrika en sy reeds sukkelende ekonomie daarmee saam in duie.

Meer oor:  Ekonomie  |  Droogte  |  Riviere  |  Damme  |  Waterbestuur  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.